Namibiese sakeman in hof oor moord op Finse burger

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bekende Namibiese sakeman het Woensdag in die Windhoek-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn Finse burger.

Ronni Marco Uolevi (42), ʼn Finse burger, het volgens die polisie vroeg Sondagoggend met sy Land Cruiser teen Danne Rodney Shaningua se Volkswagen Polo buite ʼn kroeg in Windhoek gebots.

Shaningua het glo uit sy motor gespring, ʼn vuurwapen uitgeruk en op Uolevi se motor losgebrand voordat hy glo weggejaag het. Uolevi is op die toneel dood. Die polisie het onmiddellik met ʼn soektog begin en glo eers verkeerdelik ʼn 39-jarige verdagte in hegtenis geneem.

Shaningua is egter Dinsdag in hegtenis geneem en daar is op ʼn pistool, wat vermoedelik vir die moord gebruik is, beslag gelê. Shaningua is borgtog geweier en bly in aanhouding.

Uolevi het die afgelope 20 jaar in Namibië gewoon en was met ʼn Namibiese tandarts getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Lyk my SA se misdadigers se gebrek aan mense lewens spoel nou oor tot in gewese SWA.

Wekaper ·

pj ek weet nie wat het jul Namibia teen SA. Julle is so geneig om vinger na SA te wys, maar kyk gerus na jul eie land, Suid Afrikaners word beroof tydens vakansies, plaas aanvalle, aanrandings is daagliks in Namibia. Namibia het ‘n hoer misdaadsyfer as SA, presentasie gewys. Waar studeer julle kinders, waar speel julle rugby, waar hou julle vakansies ens?

zahn ·

Hoe kon jy agterkom die man of mens, pj, is van Namibië? Jy val nou die hele Namibiese bevolking aan oor een persoon se kommentaar wat dalk van Wepener, Wolseley of Warrenton kon gewees het. Is dit regverdig?

Jakoba ·

Webkaper kry jou flipped storie reg! Plaasaavalle vind beslis nie elke dag hier plaas in. Namibia nie. Jy sit mos nou en lieg vreeslik. Suid Afrikaners word beroof omdat hulle alles openlik in hulle motors los en dink niks gaan gebeur nie. Moet nie my land sit en beledig nie. Op die twee aanvalle is al die moordenaars reeds gevang. Daar was nog geen verdere gevalle nie. Waar de hel kom jy aan jou misplaasde statistieke . Namibia se misdaad syfer is laer as RSA en ons Bly in n land waar daar vrede is. Jy het my bloed nou behoorlik laat kook met jou vals en misplaasde propaganda.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.