Nancy Reagan, die vrou van voormalige Amerikaanse president, Ronald Reagan, is in die ouderdom van 94 dood.
NBC News berig Nancy het aan hartversaking gesterf. Sy sal by die Ronald Reagan- presidensiële biblioteek in Simi Valley, Kalifornië langs haar man begrawe word.
Volgens CNN was Nancy aan haar man se sy gedurende sy agt jaar in die Withuis, en ook sy grootste beskermer, beide polities en persoonlik. Na haar man se presidentskap, het sy hom versorg toe hy in 1994 met Alzheimer se siekte gediagnoseer is tot en met sy dood in 2004.
Sy was bekend as ʼn kampvegter teen dwelmgebruik en het haar politieke statuur tot in 2012 behou.
Haar stiefseun, Michael Reagan, het kort ná die nuus van haar afsterwe bekend gemaak is, op Facebook gesê: “Sy is weer by die man wat sy liefgehad het. God seën.”
Wat ‘n merkwaardige vrou. Selfs in die laaste dae van Ronald Reagan se ampstermyn was hy al vergeetagtig maar NOOIT het sy die publiek gemaak nie. Gedurende die laaste jare van sy lewe was sy fisies altyd by hom en hom steeds beskerm en liefgehad.
Wat ‘n merkwaardige vrou. Selfs in die laaste dae van Ronald Reagan se ampstermyn was hy al vergeetagtig maar NOOIT het sy dit publiek gemaak nie. Gedurende die laaste jare van sy lewe was sy fisies altyd by hom en hom steeds beskerm en liefgehad.