Nancy Reagan sterf

Nancy Reagan. Foto: White House Photographic Office

Nancy Reagan in 1985. Foto: White House Photographic Office

Nancy Reagan, die vrou van voormalige Amerikaanse president, Ronald Reagan, is in die ouderdom van 94 dood.

NBC News berig Nancy het aan hartversaking gesterf. Sy sal by die Ronald Reagan- presidensiële biblioteek in Simi Valley, Kalifornië langs haar man begrawe word.

Volgens CNN was Nancy aan haar man se sy gedurende sy agt jaar in die Withuis, en ook sy grootste beskermer, beide polities en persoonlik. Na haar man se presidentskap, het sy hom versorg toe hy in 1994 met Alzheimer se siekte gediagnoseer is tot en met sy dood in 2004.

Sy was bekend as ʼn kampvegter teen dwelmgebruik en het haar politieke statuur tot in 2012 behou.

Haar stiefseun, Michael Reagan, het kort ná die nuus van haar afsterwe bekend gemaak is, op Facebook gesê: “Sy is weer by die man wat sy liefgehad het. God seën.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sarie van heerden ·

Wat ‘n merkwaardige vrou. Selfs in die laaste dae van Ronald Reagan se ampstermyn was hy al vergeetagtig maar NOOIT het sy die publiek gemaak nie. Gedurende die laaste jare van sy lewe was sy fisies altyd by hom en hom steeds beskerm en liefgehad.

sarie van heerden ·

Wat ‘n merkwaardige vrou. Selfs in die laaste dae van Ronald Reagan se ampstermyn was hy al vergeetagtig maar NOOIT het sy dit publiek gemaak nie. Gedurende die laaste jare van sy lewe was sy fisies altyd by hom en hom steeds beskerm en liefgehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.