Narre dink nie nuwe neiging is snaaks nie

Argieffoto

Argieffoto

Professionele hansworse het hul misnoeë uitgespreek met sogenaamde “creepy clowns” wat mense probeer skrikmaak.

Kathy Shook, wat al 28 jaar lank in die hansworsbedryf is, het aan Denver7 gesê hulle is kwaad oor dié nuwe neiging wat in die VSA uitgebreek het. “Dit maak ons kwaad en nog meer, dit maak ons hartseer. Dit maak ons regtig hartseer. My helde was Carol Burnett, Lucille Ball en Red Skelton. Snaakse mense. Ek wil daardie tipe persoon wees.”

Die “creepy clowns” het aanvanklik op sosiale media begin om mense skrik te maak, maar owerhede in die VSA neem berigte van hansworse wat dreig om op skole te skiet, baie ernstig op.

Die neiging het aanvanklik laat in Augustus in Noord-Carolina begin waar kinders gesê het mense, wat soos hansworse aangetrek was, wou hulle in ʼn woud in lok met geld. Die Chicago Tribune kon egter nie enige bewyse van dié narre vind nie.

ʼn Vrou het op 19 Augustus in Suid-Carolina berig sy het “verskeie hansworse” in die woud gesien wat groen laserligte geflits het.

Nog ʼn inwoner van Suid-Carolina het aan BuzzFeed News gesê sy kinders het hansworse in die woud beskryf wat kettings en messe gehad het en kinders met lekkergoed wou lok.

Twee meisies in Georgia het in September beweer ʼn hanswors het hulle gejaag. ʼn SnapChat-video wys hoe ʼn nar uit ʼn parkeerarea vir hulle waai.

ʼn 16-jarige is in September in Alabama in hegtenis geneem nadat hy ʼn foto van ʼn hanswors op Facebook gelaai het wat glo mense by ʼn skool sou skiet.

Denver7 het ʼn lys van voorvalle saamgestel waar berigte oor dié “creepy clowns” ontvang is. Dit sluit, buiten bogenoemde state, ook Kentucky, Pennsilvanië en Tennessee in.

Shook meen sy blameer Hollywood. “Hulle het met die gruwelflieks begin. Dit is net in Amerika wat ons met dié probleem sukkel. Dis nie ʼn probleem in ander lande nie.”

ʼn 18-jarige vrou is Saterdag in Ohio aangekla dat sy valslik alarm gemaak het oor ʼn hanswors wat haar met ʼn mes gejaag het, toe sy laat was vir werk. Sy het gesê ʼn hanswors het oor ʼn heining gespring, ʼn mes rondgeswaai en haar duim gesny.

ʼn 13-jarige tiener van Virginia is Sondag in hegtenis geneem nadat sy ʼn individu op sosiale media gekontak het, wat ʼn hansworsfoto in sy profielfoto gebruik, en die persoon gevra het om haar onderwyseres te vermoor.

ʼn Man in Kentucky het Maandag op ʼn vrou geskiet nadat hy haar vir ʼn hanswors aangesien het. Adam Tingle het gesê die vrou het Maandagmiddag met haar hond gestap en hy het op haar geskree, toe hy gedink het sy is ʼn moordenaar-hanswors. Toe die vrou nie stop nie, het hy op haar geskiet. Hy het nie haar of haar hond getref nie.

Tingle het aan beamptes gesê berigte oor hansworse het hom skrik op die lyf gejaag.

Bronne:

Denver7: Professional clowns say ‘creepy clown’ stories are affecting their livelihood, Denver7: This is where creepy clowns are being spotted across the US
KDVR: 13-year-old girl arrested for contacting local ‘clown’ to kill one of her teachers
West Kentucky Star: Man Fires Shot at Woman He Mistook for Clown
US News: Police: Woman late for work lies about clown attacking her

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Liewe rerige erige lag hansworse;(inslyitend die effe meer as tong in die kies Afrikaanse naam?) Ek is rerig erig jammer saam.met n klomp rerige erige Suidafrikaners dat daar ook vanuit die suiderkant van Afrika so lelik gemaak word met en van julle.edele beroep. Ek kon sê dis.omdat hulle nie van beter weet nie; maar dan is dit so dat die wat hulle hande in hul janters ophet om van hulle HANDPOPPE te maak…BESLIS weet wat hulle aan julle beeld as rerige erige narre te doen. Grootste skuus dat ons NuMBA WHONE CLOWN die mense die meeste bang maak met sy mannewales en veral sy riller laggie…ghi ghi ghi ghi. Asseblief vergeef die rerug erige Suidafrikaners wat maar net te graag lag vir rerige erige narre….Liefde groete. Ons vir jou Suid Afikaners

Wern ·

Nee Shook, dis nie net in Amerika nie, ons hansworse in SA soos juju, jz, hlaudi en kie is baie erger.

M A ·

Nie Hollywood nie, Stephan King met sy sielkundige rillers. Brrr.

Melt Olckers ·

Dis nou weer ‘n “urban legend” wat hand uitruk. Pennywise is nou oral te sien.

Sandy ·

My kinders en klein kinders dink ook alle clowns is creepy.

Uvonka ·

Oeee kry ek sommer hoendervleis as ek net dink aan clowns, Stephen King se skuld. Die clowns in SA is absoluut rillers!!!!!

ANDRE ·

My seun het net een banghaar op sy kop , ja vir hansworse.Kry nagmerries daaroor.Te veel “scary ” hanswors flieks gekyk . Amper soos my vrou , as ons in die aand swem en ek sit ligte af en se net “doem -doemdoem ” gee dit n vreeslike geskree af en daarna swem sy vir maande lank nie.Ek wonder nou nog hoekom ??

Johannes Meintjes ·

Een van die SA koerante het in die onlangse verlede ‘n spotprent vertoon met hanswors-tendense op hoogste vlak in ons eie regering. Dit maak selfs geldmagte en mindehede bang. Mens kan heeltemal begryp dat dit professionele hansworse tereg ontstig.

Tania Grobler ·

Ek is jammer maar of jy nou n vriendelike hanswors is en of jy nou n creepy clown is wil ek absoluut niks van jou weet of met jou te doen he nie. Ja rolprente het seker n groot deel hiervan maar daar is geen manier wat ek enige iets met n masker of 6 jaar se aangeplakte grimeering naby my wil he nie… Jy dink as n hanswors jy is oulik en vriendelik maar nie vir my nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.