Nasa wil vuurpyl Saterdag lanseer

Nasa se SLS-vuurpyl vir sy Artemis 1-missie sal na verwagting Saterdag gelanseer word. (Foto: Joe Raedle / AFP / Getty Images North America)

Nasa sal Saterdag vir die tweede keer poog om sy kragtige vuurpyl vir ’n toetsvlug om die maan te lanseer.

Mike Sarafin, sendingbestuurder van Artemis 1, het Dinsdag tydens ’n nuuskonferensie gesê die lansering sal 14:17 Amerikaanse tyd begin.

Mark Burger, weerbeampte by Nasa se lanseringsafdeling, sê daar is Saterdag ʼn 60% kans vir reën of donderstorms, maar dat daar “weergewys steeds ʼn goeie geleentheid is om te lanseer”.

Duisende mense het die afgelope naweek na Florida in die VSA gestroom nadat Nasa aangekondig het dat hy Maandag sy kragtigste vuurpyl nóg in die lug gaan opstuur vir ʼn 42 dae lange toetsvlug om die maan. ’n Enjinprobleem het Nasa egter genoop om dié toetsvlug te kanselleer.

Maroela Media het vroeër berig dat die Orion-bemanningskapsule deur ʼn SLS-vuurpyl aangedryf word. Indien die toetsvlug suksesvol is, sal ruimtevaarders weer in 2024 na die maan gestuur word.

Die onbemande toetsvlug maak deel uit van die Artemis 1-missie en dieselfde soort vuurpyl is ook gebruik om die Apollo 11-kapsule met drie ruimtevaarders in 1969 na die maan te stuur. Toetspoppe is met sensors toegerus om tydens die onbemande toetsvlug versnelling, vibrasie en stralingsvlakke aan te teken.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Burgermeester ·

Ek gooi maar net ‘n klip in die bos. Maar was die eerste maanlanding ‘n werklikheid of ‘n klug?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.