Nasa wil water op maan, suurstof op Mars maak

volmaanNasa beplan om in 2018 ‘n robotiese sending na die maan te onderneem wat water sal maak, en in 2020 na Mars om suurstof te maak.

Dié planne is deel van ‘n program om ter plaatse hulpbronne te skep, bekend as in-situ resource utilisation (ISRU). “Elke kilogram ‘dom massa’ – dinge soos lug, water en dryfmiddels – wat ons nie hoef te lanseer nie, skep die geleentheid om ‘intelligente massa’ – dinge soos eksperimente, rekenaars  of iets wat ontwerp is om take in die ruimte te verrig – saam te neem,” sê  Paul Spudis, ‘n maangeoloog van die Lunar and Planetary Institute in Houston.

Nasa wil in 2018 ‘n sending na die maan stuur wat as Resource Prospector bekend sal staan. ‘n Maantuig sal na waterstof soek, dit los boor en verhit, en ook soek na waterdamp en ander vlugtige stowwe op die maan.

Die tegniek kan ook op ander hemelliggame bruikbaar wees, maar die maan bied ‘n gerieflike plek om die eksperimente uit te voer.

Die tuig wat in 2020 na Mars gesuur sal word, sal koolstofdioksied uit die atmosfeer haal, stof en ander partikels daaruit filtreer, en die gas voorberei om suurstof daaruit te onttrek. Dit kan wees dat die tuig self suurstof sal vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.