Nasionale biddag: Australiërs bid saam

Australiërs bid saam vir Suid-Afrika Foto: Afrikaanse Klub Australië (Facebook)

ʼn Groep Afrikaanssprekendes het Saterdag in Brisbane, Australië, byeengekom om ook vir die toekoms van Suid-Afrika te bid.

Die geleentheid, gereël deur die Afrikaanse Klub Australië, het plaasgevind by St Laurence College in Brisbane.

“Ons bid dat die Here geregtigheid, vrede en hoop vir ons geliefde Suid-Afrika sal bring,” was die tema van die samekoms.

Maroela Media het vroeër berig derduisende mense stroom na die plaas Wilde Als net buite Bloemfontein om Angus Buchan se “It’s Time”- nasionale biddag by te woon. Die amptelike verrigtinge sal na verwagting om 12:00 afskop en sal tot 16:00 duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jan ·

Uiters bemoedigend. God se genade is vir ons genoeg. Laat ons op Hom vertrou daarvoor.

AL ·

Amen! Die Here het ongelooflike werk gedoen hierdie afgelope weke. Sonder Hom is ons niks en ons sal nooit iets wees in ons eie krag.
Eks is dankbaar dat Hy die Lig van die wêreld is, om sonder Hom te leef is om sonder suurstof te probeer oorleef.

Bruno Stef ·

Dit is jammer dat Brisbane en Perth so ver van mekaar is. In laasgenoemde is duisende Suid Afrikaners wat so n biddag sou wou bygewoon het al is n groot meerderheid alreeds Austaliese burgers.

Erika ·

Daar was ook twee gebedsbyeenkomste in Perth en een in Bunbury.

Nicolene van der Westhuizen-Smith ·

Dis wonderlik dat soveel siele kom na die Ware Bron van Lewe…Jesus Christus is en sal altyd diw antwoord wees op elke vraagstuk in ons bestaan…

Alida ·

Wil MM nie asb berig oor hoeveel mense in Bloem is nie. Jammer dit word nie uitgesaai nie. Dit is wonderlik dat mense regoor die heelal bid. Glo my die Here sal luister.

WitBlits ·

Alida
Getalle draai nie God se arm nie en die Bybel leer ons dat die gebed van ‘
die regverdige groot krag het, asook dat waar twee of drie in Sy Naam vergader Hy teenwoordig sal wees.
Daar is verseker derduisende mense wat elders saambid al is dit nie in Bloem nie en gaan getalle sekerlik miljoene wees wat saam hulle tot die Here wend op hierdie dag.
Die toekoms sal wys wat se grootse werke vanwee hierdie dag in ons land tot stand sal kom.
Prys die Here en mag Hy Homself kom verheerlik in ons pragtige land.

Fudge ·

Ek praat onder korreksie, alhoewel dit nie regtig belangrik is nie, is dit tog lekkerder met feite, volgens lugfoto’s vanuit helikopter geneem, pvk lees ek R1.3 , die verwerking word ook verduidelik, ek was daar, en daar was ongelooflik, verskriklik, ontsaglik geweldig baie, baie mense, dit het 2en1/2 ure geneem om nét van die grondpad af te kom.

Fudge ·

skuus vingerfout, 1.3 mil mense, dis blykbaar volgens lugfoto’s

AOBG ·

Ons hier in Rockhampton, Queensland, het ook vandag saam gekom en n biddag gehou vir Suid Afrika.

Marinda ·

Baie, baie dankie. Ons het dit sooo nodig. Maar God was teenwoordig vandag. Amazing. Bevestiging ontvang. Ons sal glo. Ons sal antwoord op JOU roepstem. Amen. Dankie aan alle lande wat vir ons bid. My hart seer, maar trane rol van blydskap. Amen.

Carl ·

Dankie vir mense in Auzi wat ook saam met ons bib. Die Here is ons krag en ons moet Sy wil doen.

Willem Pieterse ·

My gesin en ons vriendekring in Perth en Dubai het ook saam gebid.

Vincent ·

Dit gaan nie oor Angus nie, maar oor God. Of jy saam bid of alleen bid Hy hoor jou. Al het net een hul hart vir die Here gegee uit die miljoen is dit goed. Alleen kan ons nie. Net met God se krag en bystand.

Manie Mountany ·

Was self daar, te veel om te tel. Oom Angus se woorde, meer as die Isrealiete uit Egipte. Nie oor getalle, oor politiek, mense maar oor GOD die Vader, Seun en Heilige Gees alleen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.