Naskok tref Los Angeles

Voorraad het van rakke afgeskud tydens Vrydag se aardbewing Foto: NY Daily News

Voorraad het van rakke afgeskud tydens Vrydag se aardbewing Foto: NY Daily News

ʼn Aardbewing wat 4.1 op die momentmagnitudeskaal gemeet het, het Los Angeles Saterdag getref, een dag ná ʼn soortgelyke seismiese skok deur die gebied beweeg het.

Die naskok het om 14:32 plaaslike tyd plaasgevind, 2 km suidoos van Rowland Heights.

Daar is nog nie enige berigte van beserings of skade na die aardbewing nie.

Vrydag se aardbewing wat 5.1 gemeet het, het tot kragonderbrekings, gaslekkasies en gebarste waterpype gelei. Plesierritte by Disneyland is ook as ʼn voorsorgmaatreël opgeskort.

Seismoloë voorspel die kans is 99% dat ʼn aardbewing, wat grootskaalse skade kan aanrig, Kalifornië binne 30 jaar sal tref. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.