ʼn Naskok het Nepal Saterdagoggend omstreeks 11:30 in die episentrum van verlede Saterdag se aardbewing getref, ongeveer 100 km buite Katmandoe.
Daar is teenstrydighede oor die grootte van die aardbewing, en dit word geraam tussen 3.5 en 5.0.
Die skudding volg na die ergste aardbewing wat Nepal in 80 jaar getref het. Meer as 6 000 mense is reeds dood en meer as 13 000 is beseer. Duisende is haweloos gelaat in afgeleë gebiede in Nepal.
Lees alle vorige berigte oor Nepal op Maroela Media.