Die episentrum van die naskok was sowat 5 km weg van die dorp Amatrice, wat erg beskadig is ná Woensdag se aardbewing. Nog geboue het ná Vrydag se naskok ineengestort en dis tans nog onbekend hoeveel mense vermis of beseer is.
Minstens 267 mense is reeds dood en sowat 400 beseer ná Woensdag se aardbewing wat 6,1 geregistreer het. Drie dorpe is amper heeltemal verwoes in die aardbewing. Die regering in Rome het spoedig hulp beloof om die dorpe weer op te bou.
ʼn Noodtoestand is afgekondig en €50 miljoen hulpgeld is reeds beskikbaar gestel. Matteo Renzi, Italië se eerste minister, het gesê die land sal voorsorgmaatreëls moet tref vir moontlike toekomstige aardbewings.
Veral klein dorpies soos Amatrice, Accumoli en Pescara del Tronto is erg getref. Italië loop nog altyd die gevaar van aardbewings weens die aanwesigheid van die Afrika- en Eurasië- tektoniese plate.
Lees alle vorige berigte oor die Italië-aardbewing op Maroela Media.
Goeie genade!!!!
Die arme mense moet in vrees lewe. Ek dink VERAL aan die kinders.
Die Here gee en Hy neem.