Naskokke tref Italië; dodetal styg

Van die skade in Amatrice, Italië. Foto: AP Photo

Van die skade in Amatrice, Italië. Foto: AP Photo

ʼn Groot naskok met ʼn sterke van 4,7 het Italië Vrydagoggend getref terwyl die dodetal steeds styg ná Woensdag se verwoestende aardbewing.

Die episentrum van die naskok was sowat 5 km weg van die dorp Amatrice, wat erg beskadig is ná Woensdag se aardbewing. Nog geboue het ná Vrydag se naskok ineengestort en dis tans nog onbekend hoeveel mense vermis of beseer is.

Minstens 267 mense is reeds dood en sowat 400 beseer ná Woensdag se aardbewing wat 6,1 geregistreer het. Drie dorpe is amper heeltemal verwoes in die aardbewing. Die regering in Rome het spoedig hulp beloof om die dorpe weer op te bou.

ʼn Noodtoestand is afgekondig en €50 miljoen hulpgeld is reeds beskikbaar gestel. Matteo Renzi, Italië se eerste minister, het gesê die land sal voorsorgmaatreëls moet tref vir moontlike toekomstige aardbewings.

Veral klein dorpies soos Amatrice, Accumoli en Pescara del Tronto is erg getref. Italië loop nog altyd die gevaar van aardbewings weens die aanwesigheid van die Afrika- en Eurasië- tektoniese plate.

Lees alle vorige berigte oor die Italië-aardbewing op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marianne ·

Goeie genade!!!!
Die arme mense moet in vrees lewe. Ek dink VERAL aan die kinders.
Die Here gee en Hy neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.