Navorsingstudie: ‘Sê totsiens vir matige weer’

klimaatsverandering

Foto: indy100.com

Klimaatsverandering word gewoonlik geassosieer met uitsonderlike weerverskynsels soos vloede, droogtetoestande en orkane. Nou meen wetenskaplikes egter klimaatsverandering gaan ook dit wat bekend is as matige weer hewig beïnvloed.

ʼn Studie wat deur navorsers aan die Princeton-universiteit in die VSA gepubliseer is, dui daarop dat dié verandering binne die volgende honderd jaar gaan plaasvind. Temperature tussen 17 en 20 °C word as matige weer beskou en sal al hoe minder ervaar word in streke waar dié soort klimaat algemeen is.

Waar ʼn mens vanjaar byvoorbeeld 89 matige sal dae ervaar, sal dit in 2100 afneem tot 78 matige dae. Volgens die navorsers gaan die verandering binne die volgende 20 jaar op sy vinnigste plaasvind. Volgens die studie vind dié verandering plaas as gevolg van kweekhuisgasse.

Navorsers voorspel ʼn wêreldwye verlies van vier of vyf matige dae per jaar teen 2035. Hierdie verandering affekteer nie net die temperatuur nie, maar hou ook gevolge in vir vervoer, konstruksie en landbou.

Verskillende dele van die wêreld sal verskillend geraak word en dit wil voorkom asof streke soos Europa en Brittanje, waar lae temperature algemeen is, méér matige dae sal ervaar.

Meegaande kaart dui aan watter lande die ergste geraak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Alida ·

SA is in elk geval letterlik aan die brand met al die onluste.

Landi Slatter ·

Dagsê Paul

Dankie vir jou terugvoer, ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Piet Pompies ·

Wat ‘n ramp….ek trek sommer Mars toe….skoonma en al.

m ·

Mens kom dit alklaar agter. My struike ruip nie eers mee dood in die winter nie. Kan nie onthou watter jaar laas ek n jas in die winter gedra het nie. Dit le net en oud word in die kas. Nee kyk ons is in vir probleme met hierdie weer.

Hendrik ·

Vir al die Trump-ondersteuners, julle held glo dat klimaatsverandering ‘n Sjinese versinsel is. Hy en sy nuwe beleid gaan die aarde groot skade aanrig. Suid-Afrika se boere is van die eerste mense wat ernstig onder Trump en sy beleid gaan ly. Hy gaan onmeetbare, langtermyn skade aan die aarde aanrig. Stop dit bietjie in julle pype en rook dit wanneer julle weer sy lof wil besing.

Hendrik??? ·

Trump is n wonderlike man….. Maar ek weet darem nie of hy enigiets aan die klimaat kan doen nie..? He is not God!

Hendrik ·

Maak nou nie saak wat Mnr. Trump sê of nie sê, doen of nie doen nie… Dinge gebeur. Klimaat gaan verander.
Hoeveel mense doen hul deel om “die wêreld te red”? Hendrik, doen jy jou deel? Of sit jy dikbek en vingerwys na almal behalwe jouself?

Willem ·

Natuurlik maak dit saak wat die president van die VSA doen of sê, hoe naief is jy?!

Weet nie hoekom.... ·

…word my kommentaar nie geplaas nie, MAROELA MEDIA…? Hendrik vat DUIDELIK die “Trump aanhangers” aan, maar die oomblik wanneer iemand (ek) my opinie wil lig, word dit nie geplaas nie!!!!
HENDRIK! Klimaat gaan verander. Met of Sonder Trump of die Pope of enige belangrike persoon se Teenstand of ondersteuning…
Wat doen JY, HENDRIK? Om n verskil te maak? Om die wêreld n beter plek te maak? Jou dikbek houding gaan ons verseker nie red nie.

Climate change ·

Doen julleself ‘n guns en gaan soek bietjie die naam Dane Wigington, hy is ‘n Geoengineer en hier is sy website se naam GeoengineeringWatch.org dan sal julle begin verstaan hoekom Trump se daar is nie iets soos Climate Change nie. Dit wat hierdie man van praat bestaan al sedert die 1940’s en dis met die Vietnam War wat besef is dat ‘War and Weather’ gaan hand aan hand gepaard. Mense sterf nie meer genoeg in oorlog nie, so hulle het gevind die maklikste is om die weer te kan beinvloed en verander en sodoende met hongersnood en droogtes kan alles gemanupileer word. Die ander naam vir een van die projekte is Haarp, dis die USA weergawe, Rusland, Den Mark, Duitsland het almal al hul eie en Jerusalem was ook verlede week op die nuus dat hulle nou hul eie wolke maak.

Willem ·

HAARP is nie ‘n wapen nie. Lees verder as “conspiracy theories”.

Climate change ·

Die probleem is net dat die wolke nie naastenby die hoeveelheid vog bevat wat God maak nie en die groot hael ‘golfballe’ en tornado’s, aardbewings is alles agv van hoe hulle die weer beinvloed. Saam met dit is George Soros se saad wat jy moet koop en wat na ‘n eerste geplant die naam het ‘n ‘terminated seed’ want dit kan nie weer gebruik word nie en sodoende word alles net weer gebruik om geld te voorsien vir die wat dit alles verander en gebruik vir hulle eie winste. Bill Gates was ook in die nuus oor die DNA van saad wat hulle verander soek bietjie sy naam onder ‘change of dna seed’ en jul sal verstom wees wat hierdie mense doen en wat doen ons, ons volg net die media en glo alles wat vir ons gese word. Jesus se nie verniet: “My people perish because of a lack of knowledge” nie, ons kan bid teen al hierdie goed, ons moet net die tyd neem om te luister en te kyk daarna en dan op ons kniee te gaan. God is groter as dit en Hy het reeds die outoriteit vir ons gegee om in Sy Naam te kan bid teen dit, maar as ons nie weet daarvan nie, hoe kan ons bid teen dit?

Johannes ·

“My volk gaan te gronde ween gebrek aan kennis” Dis terloops nie Jesus wat dit gesê het nie maar staan in Hosea 4:6. Dit gaan natuurlik daar nie oor een of ander verborge insigte nie, maar oor ‘n gebrekkige kennis van en ongehoorsaamheid aan God se geopenbaarde Woord.

Alida ·

Goeie plan maar landsgenote kap die bome vinniger af as wat ons dit plant.

Mooso ·

Vir ALMAL wat hier kommentaar lewer – elke persoon het sy eie siening, dan tog nie? WAAROM ‘val’ julle mekaar so aan? agnee man, raak rustig – Willem, wie het jou aan jou stert beet? Waar is julle maniere? Is dit lekker om ander te beledig of so kras te raak? Is dit nodig??
Word groot.

lettie ·

Wie het nou gedink om weer terug te gaan na hierdie andersins droe nuusberig dat ek soveel lagbuie sou kry oor die kommentaar!

Se maar net. ·

Is dit nie alweer apartheid se skuld nie… Aparteid kom ook weg met alles… Hie hie hie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.