Nazi-konsentrasiekampwag (95) uit VSA gesit

Friedrich Karl Berger. (Foto: VSA departement van Justisie)

ʼn Bejaarde inwoner van Tennessee in die VSA is Vrydag na Duitsland teruggestuur weens sy deelname aan vervolging wat deur die Nazi’s ondersteun is tydens sy diens as wag in ʼn Nazi-konsentrasiekamp in 1945.

Friedrich Karl Berger (95) het tydens die Tweede Wêreldoorlog gedien as ʼn gewapende wag in die Neuengamme-konsentrasiekamp in Duitsland.

“Berger se verwydering uit die VSA dien as bewys dat die VSA nie ʼn veilige hawe is vir dié wat deel gehad het aan die Nazi’s se misdade teen die mensdom en ander skendings van menseregte nie,” lui ʼn verklaring op die Amerikaanse departement van justisie se webtuiste. “Hierdie saak wys dat selfs die verloop van etlike dekades nie dié departement sal verhinder om te verseker dat geregtigheid namens die slagoffers van Nazi-misdade geskied nie.”

ʼn Hof het in Februarie 2020 bevind dat Berger as wag gedien het in ʼn kamp waar Jode, Pole, Dene, Russe en Italianers sowel as politieke gevangenes aangehou is. Hier is gevangenes glo in “gruwelike” omstandighede aangehou en forseer om arbeid te verrig “tot hulle van uitputting omkom of dood neerslaan”. Berger het self erken dat hy oor gevangenes gewaak het om te verhoed dat hulle ontsnap. Hy het ook oor gevangenes wag gehou terwyl hulle in 1945 in “onmenslike toestande” na ʼn nabygeleë kamp verskuif is. Tydens dié verskuiwing is 70 gevangenes dood.

Berger het ook erken dat hy steeds ʼn pensioen van die Duitse regering ontvang vir sy “diens tydens die oorlog”. Berger het teen die besluit geappelleer, maar die hof se vorige uitspraak is in November gehandhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

SirDikDeDunnerin ·

Wonder of dit nou begin gaan wees om Werner von Braun (+1977) se nalatenskap weer te bevraagteken, of was hy ook net n pion.

Scrutiny of von Braun’s use of forced labor at Mittelwerk intensified again in 1984 when Arthur Rudolph, one of his top affiliates from the A-4/V2 through the Apollo projects, left the United States and was forced to renounce his citizenship in place of the alternative of being tried for war crimes.[5][113] wikipedia

Sarel ·

Maar die Engelse se Oorlogsmisdade word geignoreer en niemand wil dasrvan weet nir

KB ·

Ja Sarel, ek stem saam. Die Engelse kon ons voorouers maar glas voer (in die suiker), in die konsentrasiekampe….

Skyspy007 ·

Nou wat van die “kleiner” wit bevolking en boere wat daagliks op onmenslike maniere gemartel en vermoor word……sluit die cANCer se base toe. Die minderheid blankes wat oorbly word daagliks vermoor sonder om ooit, of liewers NOOIT vervolg te word nie.

Debbie ·

Ag asseblief, op 95 word hy eers vas gevat. Wat gaan gebeur, lewenslank tronkstraf ????

pestilensie ·

Pateties , hoekom nie dan alle duitser oor 80 deporteer . Wat die hel gaan n wag nou kon doen as hy daar gepos word . Muit ? En deur sy eie mense dood geskied word ?

Anti-Verkramp ·

Wanneer word die Apartheid ministers verban na St. Helena? Hulle was mos ook skuldig aan misdade teen die mensdom.

KB ·

Ek wens die wêreld wil groot word…95 jaar oud, uit die VSA gesit? Wat het sie VSA die afgelope 70 jaar gedoen? Julle prioriteite is skeef!
Absoluut impulsief en emosie-gedrewe.

Theo ·

Wat sou jy gedoen het as dit oorlog was, onder krygswet, en jy word afgevaardig en beveel om oorlogsgevangenes op te pas? Weier en voor ‘n vuurpeloton te staan te kom? Die wenners van die oorlog is altyd reg, al was hulle ook verkeerd. Alle gevangenes, ook krygsgevangenes, in Duitsland was uitgemergel deur hongersnood, want die bevolking en die weermag het ook onder kostekorte gely. Wat sou jy doen in so ‘n situasie: Gevangenes soos lords behandel terwyl jy as burger omkom van honger? In SA was daar ook Duitsers geïnterneer in kampe en hulle was almal ondervoed en het bair ontberings gehad- 6 jaar lank.

Pietertjie ·

Hy was dus 17-18 jaar oud toe die beweerde misdade plaasgevind het. Die Nazi’s was eintlik lank vóór 1945 bedrywig, as die geskiedskrywers se datums reg is.

B ·

Nee die geskiedskrywers is soos vandag se media. Hulle copy en paste ander se menings. Dit is regtig net die revisionists wat indiepte ondersoek daaroor gedoen het. Hier kan ons dink aan mense soos Rassinier, Faureson, Jurgen Graf ens.

B ·

Die Jode was baie meer veilig in die konsentrasie kampe as wat die Duitsers in die land was. Churchill die oorlogsmisdadiger, het carpet bombing op Duitse stede uitgevoer sonder dat daar enige rede voor was.

We were led to believe that the Allied bombings delivered on Germany were a legitimate response to an equal number of bombings Germany was delivering on Britain. In reality, Germany bombed Britain with a mere five percent of the tonnage that Britain slammed down on Germany, and more British bombs fell upon the city of Berlin alone than German bombs fell on the whole of Britain during the entire war. The targeting of residential Hamburg was a calculated, well-planned mass murder of civilians

david ·

die Yanks moet maar bid dat hulle nooit aan die verloorkant van ‘n oorlog kom soos die Duitsers nie…hulle politieke klerekaste hang vol geraamtes……soos bv die strafkamp op Guatanomo Bay….!

Judge ·

En die kommuniste met hulle Gulags(werkskampe) en her-orienterings kampe? O Ja die liberales is groot pelle met hulle, het selfs al voorgestel om hul eie kampe te begin vir mense wat nie saamstem met hulle.

Theo ·

Dit is waar dat Churchill minstens netsoveel bloed op sy hande het as Hitler. Inderwaarheid het Churchill Duitsland uitgelok om Brittanje uit die lug te bestook sodat hy ‘n voorwendsel gehad het om sy geallieerdes betrokke te kry, nl. VSA en Sowjetunie. Brittanje het eerste met sistematiese “muur-tot-muur” bombardemente op Berlyn se siviele bevolking begin, vroeg in die oorlog. Duitsland was tot op daardie stadium terughoudend om volskaalse oorlog teen Brittanje te maak en het net militere teikens aangeval. Hitler het gehoop om vrede met Brittanje te maak. Churchill se skaamtelose lugaanvalle op siviele teikens het Hitler egter kwaad gemaak en hy het begin met die bombardemente op Londen.

Maar om terug te kom na die onderwerp. Om ‘n 18-jarige Soldaat laat in die oorlog, toe Duitsland al op sy kniee was, 75 jaar na die tyd verantwoordelik te hou omdat hy verplig was om wagdiens te doen, is pervers. Het Biden iets daarmee te doen?

dada ·

“Berger het ook erken dat hy steeds ʼn pensioen van die Duitse regering ontvang vir sy “diens tydens die oorlog”. hmmm daai is nogal fishy

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.