BLM: NBA-speler bly staande terwyl spanmaats kniel

Die Orlando Magic se Jonathan Isaac bly staande. Foto: Twitter.

NBA-wedstryde het onlangs weer begin en soos met meeste ander sportsoorte wat hervat is, het dit onder meer ʼn spreekbuis vir die Black Lives Matter-beweging geword.

Die BLM-embleem is op sommige van die basketbalbane geverf, terwyl die spelers ook die knie tydens die sing van die volkslied gebuig het.

Maar Orlando Magic se Jonathan Isaac het nie net staande gebly tydens die sing van die volkslied nie, maar het ook nie die BLM-hemp gedra nie.

“Hoewel ek glo dat swart mense se lewens ongetwyfeld saak maak, glo ek nie dat om te kniel en die BLM-hemp te dra noodwendig wys dat ek dit ondersteun nie,” het Isaac gesê.

Die 22-jarige speler het bygevoeg dat sy lewe deur Jesus Christus beheer word en dat almal na God se beeld geskape is; tog kan niemand werklik sê dat hulle Sy genade verdien nie.”

“Ek wou mense bewus maak van die feit dat ons almal foute maak, maar dat die Evangelie van Christus vir ons genade gee.

“Wanneer ʼn mens rondom jou kyk, glo ek nie dat rassisme die enigste probleem in die wêreld is nie. Ek hoop ons besef dat die Evangelie nie net die antwoord vir rassisme is nie, maar ook vir al die ander probleme in die wêreld.”

Volgens Isaac, ’n geordende predikant, het hy sy spanmaats vooraf van sy besluit in kennis gestel. Hy was die enigste speler wat nie tydens die eerste paar NBA-wedstryde die knie gebuig het nie.

Intussen het Magic-base gesê dat hulle die spelers se aksies voor die wedstryde steun, maar hulle het nog niks van Isaac se optrede gesê nie.

“Ons ondersteun die Magic-spelers wat besluit het om hul professionele platform te gebruik om ’n vreedsame en kragtige boodskap uit te stuur waarin hulle rasse-onreg en die onredelike gebruik van geweld deur die polisie, veral teen mense van kleur, veroordeel,” lui ’n verklaring.

Sam Coonrod, San Francisco Giants- bofbalspeler, het staande gebly terwyl die res van sy spanmaats onlangs die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig het voor hul wedstryd teen die Los Angeles Dodgers.

“Ek bedoel niks slegs daarby nie en ek dink beslis nie dat ek beter as enigiemand anders is nie. Ek is ’n Christen en ek glo ek kan slegs voor Jesus Christus kniel,” het Coonrod aan die Amerikaanse media gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Daleen ·

Amen. Stem buig net my kniee voor een God en dis Jesus Christus.

Mallie ·

Iemand met verstand . Geluk hou so aan en jy sal suksesvol wees.

Stebastiaan ·

Mag die Vader in die Hemel alleen geëer word, nie dit wat deur ruggraat loses voorgestaan word nie. Ondersteun ook nie meer sport wat dit voor staan nie.

HJvdb ·

Mag Jonathan vir ons SA sport sterre n voor beeld wees, net voor God word die knieg gebuig????????

tweeling ·

Fantasties, moenie jou laat dikteer deur ‘n minderheid nie, dis in elk geval môre verby en daarna het die media nog iets sensasioneel om te verkondig.

Johanncb ·

Ek is só bly om te sien hoe hierdie jong Christen vir sy geloof standpunt inneem! Moenie dat jy intimideer of nadelig beïnvloed word nie! Ons staan vas saam met jou! Alle mense is gelyk voor God! Sterkte!

Marius ·

Ons het n pos vir jou hier by ons sien jy dink op jou voete

Yvonne ·

Alle eer aan die Here…sterkte jongman, jy het wys geskies

Stof ·

Petrus, die rots, is nie meer alleen nie.
Welgedaan!
Mag sy inspirasie vele lewens omdraai.

Okmardom ·

So kan ons nou al uitsluitsel kry wie gaan in SA rugby vir sy God bly staan.

...M... ·

WOW!
As meer mense soos hy gedink het, het ons in ‘n baie beter wereld gebly.

Ricus ·

Amen en Amen GOD is in beheer geen mens geen kleur geen regering niks is groter as ons VADER in die hemel nie

Antjiepat ·

RESPEK, RESPEK !! Mag jy geseen word vir jou staan vir Jesus Christus

Pierreli ·

Ja dit is hoe dit gaan wees aan die einde, min is bereid om op te staan vir Jesus Christus, die naam bo alle name, dis ook hoekom ons Here se naam as ‘n vloek woord gebruik word.
Die tyd is min, ons moet ons bekeer! Die ewigheid is ‘n baie lang tyd om sonder die Here te wees!

Nell ·

Pastoor/ds Isaac ek glo jy is ‘n groot aanwins en seëning vir jou bediening… mag jy van krag tot krag gaan op die pad vorentoe.

Sannie ·

Jonathan en Coonrod julle is ware ambassadeurs vir Jesus deur julle geloof en onwrikbare standpunt vir Jesus

Elsie ·

Dankie dankie en weereens dankie aan die wat glo in Ons Vader . Mag julle almal geseen word wat in Hom glo en nie die knie buig voor afgode nie. Sal ook net op my kniee gaan vir Onse Vader. Hoop die wat almal knie buig vir blm weet dat dit wat hulle doen verkeerd is. ALL LIFES MATTER!!! Hoekom staan hulle ook nie op of buig die knie vir al die boere wat vermoor word nie???

Marinda ·

FANTASTIES JULLE TWEE…. ‘n Christen mag net voor Jesus Christus die Seun van God kniel.

Inkpot ·

Mooi so!!
Waarom moet daar in elk geval gekniel word?
Moet mens nou kniel vir elke saak wat jy ondersteun?

Ann ·

Blessings vir jou. Ek hoop baie ander volg jou voorbeeld. En ek sê dit nie omdat ek wit is, of omdat ek ñ rassis is nie (terloops, ek is nie een nie). Ek sê dit omdat daar moet verkondig word dat “ALL LIFE MATTERS”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.