NDBV verwelkom verbod op eet van honde en katte

Argieffoto

Taiwan het ʼn verbod geplaas op die eet van honde en katte, hoewel dit steeds algemeen in ander Oosterse lande is.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het die stap geloof en die hoop uitgespreek dat lande waar dit steeds voorkom Taiwan se voorbeeld sal volg.

Taiwan se Wet op Dierebeskerming is intussen reeds gewysig en hiervolgens kan oortreders met tot NT$250 000 (R108 294) beboet word. Die wysigings aan die wetgewing behels ook swaarder strawwe vir dade wat verband hou met wreedheid teenoor diere en die bekendmaking van oortreders se name en foto’s.

Honde en katte word steeds in China, Suid-Korea, Laos, Viëtnam, Kambodja, Thailand, die Filippyne, Noord-Indië en selfs in afgeleë gebiede in Afrika en Switserland geslag en die vleis geëet.

Die NDBV meen die publiek se verontwaardiging en veroordeling van die daad het daartoe gelei dat die welsyn van diere in Taiwan oor die algemeen verbeter het.

In 2016 het internasionale diereregte-aktiviste ʼn petisie begin teen China se Yulin-fees en meer as 11 miljoen handtekeninge is ingesamel, het The Washington Post berig.

Volgens berigte word tot 10 miljoen honde jaarliks by dié fees geslag en geëet. Meer as 30 miljoen honde word jaarliks wêreldwyd geslag en geëet, asook nagenoeg 4 miljoen katte jaarliks in China.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jt ·

Bravo! Ons begin nou beweeg in die rigting van die menslike erkenning van diereregte op ń glibale grondslag.

M ·

Hulle het seker nie ‘n probleem met rondloper katte of honde nie.

Nettie ·

Ag sies man, wie eet dan nou honde- en katvleis? Dit is so goed as om jou kind te slag en te eet; troeteldiere soos honde en katte is veronderstel om as geselskapslede van jou gesin behandel te word, nie om op jou bord te verskyn nie!

Spook ·

Baie honger mense. In die westerse kultuur is dit taboe maar dit kom van die oosterlinge wat jare terug so onderdruk was deur kommunisme dat hulle nie kos gehad het nie en al wat daar was ,was honde,katte,rotte,slange,paddas ens. Was jy al regtig honger? Ek meen regtig honger dat jy vir dae nie geeet het nie en jou kinders kyk vir jou met honger oe. Dit is net n herdenking van hulle kultuur. So moenie oordeel nie. Ons eet skaap en het jy al gesien hoe oulik is n lammetjiie

E.K. - ek sê net! ·

Spook, ja maar deesdae het dit niks te doen met hongerly nie maar met absolute wreedheid hoe hul di tdoen. Daar was al beeldmateriaal hoe ‘n kind ‘n arme hond kies uit piepkleinhokkies en die arme dier LEWENDIG afgeslag word en dan lê en vrek. Ek kan jou hope voorbeelde noem, dalk moet jy gaan kyk hoe dinge daar gaan en sien hoe dinge gedoen word. Dolfyne word op bloeddorstige maniere in ‘n gebied ingejaag en wreed doodgemaak, haaie se vinne word afgesny vir sop en dan lewendig in die see gegooi om te vrek… Dis die arme honger Oosterlinge vir jou. As mens REGTIG honger is kan mens van groente en sade en peule en tonne wilde vrugte leef. Mense maak kinders links en regs sonder omte dink of hulle hul kan versorg. Vergelyk in Afrika lande waar erge hongersnood en droogtes is dan sit ‘n ma met ‘n baba op die skoot en drie ander kinders om haar. Hoekom moet diere ly deur die mens se domheid?

JS ·

Dis darem ‘n dubbele standaard – beeste, skape, varke mag by die miljoene geslag word, maar honde en katte is te spesiaal daarvoor? Wat’s die verskil tussen een spesie of ‘n ander, ‘n dier is ‘n dier. Ek verpes regtig sulke emosionele besluitneming.

dolphin ·

dis baie lafaard om die honde en katte te eet en hul is mooiste diere op aarde moet verkies die hoender, wildsbokke ens eet.wens kon as dit wette was mag geen honde en katte eet nie kan trunk beland word.

Jane ·

Dank die VADER< hoop dit word in alle lande verbied, want die arme diere word WREEDAARDIGLIK gemartel, hulle word nie doodgeskiet nie, maar lewendig opgehang aan hakke en geslag .. lewendig gekook . ek is SO DANKBAAR, ek hoop alle lande gaan die voorbeeld volg, want ek kan nie dink watter MENS Is jy wat in 'n hond se oë kyk terwyl jy hom in 'n pot kookwater gooi nie ..

Attie No 1 ·

Klein skape en varkies is oulik. Ons eet hulle maar nie honde en katte nie, dit is waar. Kulture verskil en wereld dele verskil. Ek dink as dit ander mense se tradiese op n ander plek is het dit niks met enige van ons se opinie daarvan uit te waai nie. As ek maar die geld gehad het om die Ooste te besoek, sou ek dalk “little tiger” wou probeer.

Veronica ·

Daar is n baie goeie rede waarom ek nie tyd het vir Chinese nie! Hulle eet honde en katte wat in my oë barbaars is! Hul veroorsaak dat ons donkies op n wreedaardige manier geslag word vir: gelatien! Koop n verdekselse gelatien pil, man!! Ons arme renosters word dood gemaak vir hul horings omdat n Chinees te onnosel is om uit te redeneer dat daar GEEN “magiese wonderwerkinge” daar in is nie!! Hulle kan my toonnaels verniet kry! Ek dink hul sal beter “resultaat” kry met die gebruik daarvan! Verder: is hul besig om ons ekonomie te versmoor!! Jy kan deesdae bykans NIKS meer koop waarop daar nie staan ” Made in China” nie! Nee wat kan aan niks goeds dink om met hulle te assosieer nie!

p ·

Slang is baie lekkerder as hond of kat….lees asb tussen die lyne!

André ·

SIEK VERBY!!! Ek dank die Here vir Taiwan se verbod! Wens dit kan wêreldwyd toegepas word! Ek is so lief vir diere, veral katte. Ek het tans drie en sal enigeiets doen vir hulle omrede ek hulle oneindig lief het!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.