Nederland aanvaar mosie oor grondonteiening in SA

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die Nederlandse parlement het ʼn mosie oor grondonteiening in Suid-Afrika aanvaar wat hom sterk uitspreek teen die stappe wat gedoen word om die onteiening van grond sonder vergoeding in Suid-Afrika moontlik te maak.

ʼn Meerderheid van die lede van die Tweede Kamer in die Nederlandse parlement het ten gunste van die mosie gestem en daardeur opdrag aan die Nederlandse regering gegee om deur bilaterale en ander internasionale prosesse duidelik standpunt daaroor in te neem.

Die mosie is deur Martijn van Helvert van die Christen-Democratisch Appèl (CDA) en Kees van der Staaij, leier van die Staatkundig Gereformeerde Partij (SGP), ingedien.

Die Solidariteit Beweging het dié besluit verwelkom. Die organisasie het die afgelope paar maande intensiewe pogings aangewend om politici en ander leiers in Nederland en ander Europese lande oor die katastrofiese beplande grondonteiening sonder vergoeding in te lig.

Volgens Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, het hulle reeds in Februarie met verskeie politici, insluitende Van Helvert en Van der Staaij, hieroor vergader. “Na aanleiding van die wyse waarop die parlementêre komitee wat grondwetwysigings moet ondersoek om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak, ons en andere se waarskuwings geringgeskat het, het die Solidariteit Beweging geen ander keuse gehad as om hierdie saak te internasionaliseer nie. Ons sal steeds voortgaan om ook politici in ander lande en ander regerings te oortuig om druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om nie met die beplande wysigings aan die Grondwet voort te gaan nie.”

Die mosie wat vandag deur die Nederlandse parlement aanvaar is, lê klem op die feit dat sowel die Internasionale Deklarasie van Menseregte as die Afrika-Handves oor Mense- en Volkereregte die onteiening van eiendom op grond van velkleur verbied.

“Die mosie wat in Februarie verlede jaar in die Suid-Afrikaanse parlement aanvaar is, was duidelik ten gunste van onteiening op grond van velkleur en oortree dus hierdie belangrike handveste,” het Kleynhans verduidelik. Volgens hom verwag die Solidariteit Beweging dat ander lande die Nederlandse parlement se voorbeeld sal volg. “Ons sal nou ook seker maak dat die Nederlandse regering wel in hierdie verband optree en ons sal voorts ook voortgaan om seker te maak dat hierdie aangeleentheid, saam met ander belangrike kwessies soos landelike veiligheid, waaraan die regering ook nie aandag gee nie, op internasionale forums bespreek word.”

Maroela Media het vroeër berig Van Helvert, ʼn lid van die Christen-Demokratiese Appèl (CDA), het in ʼn videoboodskap gesê die Suid-Afrikaanse regering doen min om die veiligheid van boere hier te verbeter. Die CDA is deel van Nederland se regerende koalisie en Van Helvert word as ʼn gerespekteerde politikus beskou.

Hy het aan Maroela Media gesê sommige verregses gebruik egter die kwessie van plaasveiligheid om hulle eie rassistiese agenda te bevorder, wat beteken dat gematigde politici om dié rede vermoedelik huiwerig is om hulle sterk oor die kwessie uit te spreek. Volgens hom vererger dit dus die situasie vir boere.

“Daarom pleit ek vir ʼn internasionale ondersoek, deur byvoorbeeld die VN, na die moorde, marteling en onteiening van wit boere in Suid-Afrika,” het hy gesê. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Ida Kriel ·

Wonderlike nuus as die Parlement gestem en gewen het om SA se grondonteienings probleme verder te vat. Iewers moet die wereld besef dis nie leuens speletjies nie, maar dat ons blankes totaal vernietig word deur hierdie regering met hul houding teenoor ons.

Johan Potgieter ·

Ek is bly oor wat nederland en wie betroke is om ons te help
Baie baie dankie!!!!

Bert ·

Nee man, julle is almal verkeerd, my president sè dan daar bestaan nie so iets nie!

P ·

Dalk sien iemand nou wat in die land aangaan en kom ons te hulp. Ons word verneder, gemoor gemartel uit pure lekkerte klomp sadiste wat uit weerwraak waaroor nrt hulle wert ons brutal uitmoor so gatvol vir dit.

Dries du Toit ·

Fantasties Solidariteit. Die Flaamse sal ook verstaan. Nou moet julle vir Pres. TRUMP gaan oortuig asb

Charmand ·

Gaan kyk na “Project Survivor SA” op fb geloods deur Adv Willie Jordaan. 77 Senatore in die VSA is bereid om ons saak op te neem. Kanada het ook nou bimnekort n optog teen plaasmoorde. Dorp en stadsaanvalle op blankes word ook ingesluit by hierdie projek.

Magaretha van heerden ·

Mooi so Solidariteit. Ons moet nou net die wereld inlig oor die talle moorde op wit Suid Afrikaners. As ons die boodskappe in Engels kan kry kan ons wat in die buiteland woon dit ook help versprei. Op fb en Twitter.

Werner ·

As hulle die VN gaan gebruik kan julle maar die lofprysings hou hulle sal net alles toesmeer

Wiehan ·

Soos dit nou aangaan trek ons oor ‘n paar jaar terug na on oorspronklike vaderlandHier bly in elk geval niks meer oor vir ons mense nie. En onthou, om Nederlands aan te leer is glad nie so moeilik nie.
Teminste kan ons ook dan se ons het ‘n koning.
Oranje BO

Deon Meyer ·

Hoe gouer hoe beter.Ek staan eerste in die tou om te gaan.

Grietjie Appelmoes ·

Deon Meyer, ek is tweede, net agter jou. Hulle moet sien hoe hardekwas die ANC is, dan gee hulle dalk vir ons vlugtelingstatus.

Marius ·

So julle wil 6m onder die seevlak gaan bly ten midde van aardverhitting….

SuidkusTannie ·

Wonderlike nuus! Dankie Martijn en Kees en Nederland!

Andreas ·

Een van die dae verlang die ANC terug, dan sing hulle saam, “Sal ons ou viende ….. “.

Vryheid ·

So wat beteken dit nou eintlik? Die regering gaan doen wat hulle wil.

leser ·

laat nedeland sommer die taal kwessie ook ondersoek wat lesufi so maklik wil vernietig, ek glo hulle sal saamwerk om dit ook in die kiem te smoor, alhoewel die kiem al ‘n endemie geword het

humor ·

En so sal die papgatte maar altyd by ons wees. Reeds van die vroegste geskiedenis af was dit so, maar t s p v die element het die A frikaner tog oorwin.

GP ·

Stem vir geleenthede daar. Dalk is nou goeie geleentheid om te kyk of hulle van ons kan invat daar. Deesdae dink ek enige plek is beter as hier.

onderwyser ·

hoop die hele wereld sluit hierby aan. Dankie almal betrokke!

Jaco ·

Kan Nederland dalk politieke asiel gee aan wit Suid-Afrikaners wat hier NET weens hulle “verkeerde” velkleur sleg behandel word?

jaco ·

julle wat nou so bly is moet net onthou, dieselfde mosies is aangeneem teen Zimbabwe se grondonteienings sonder vergoeding. President Mugabe het hom bloot nie daaraan gesteur nie, al het ekonomiese sanksies, onder andere vanaf Nederland, Zimbabwe lamgelê. Onthou ook dat, wanneer die sanksies teen SA eendag erg byt, ons wit mense EERSTE daarvoor geblameer sal word. En dan sal ons nie noodwendig weggejaag word nie. Onthou maar wat in Rwanda in 1994 gebeur het toe daar teen n welvarende minderheidsgroep opgetree is: niemand is landuit gejaag nie, maar 1 miljoen mense is binne 1 maand vermoor.

Fanie ·

Jaco, Zimbabwe is ‘n onderontwikkelde ‘hoofstadstaat’, met ‘n geslote landelike ekonomie kleiner as Durban. SA is ‘n reus in Afrika, met ‘n groot oop ekonomie. (Groot = die in- en uitvoere as persentasie van ons ekonomie is bo 60%). Tweedens vra die Solidariteit beweging nie vir sanksies teen die land, maar vir druk op die regering en hulp aan Afrikaners. Nederland is klein, maar invloedryk in Europa.

Werner ·

Fanie jy kan nie met eropese denke na Afrika kyk nie Jaco is100% reg

PJ Kruger ·

Wonderluke nuus baie geluk aan Solidariteit met jul volgehoue druk en goeie werk. Die wiel is besig om nou vinnig te draai. Gebede en nogmals gebede. Alle eer aan ons Almagtige God en Vader.

Leon - Centurion ·

Uiteindelik skrik die Hollanders wakker na dekades se steun aan die anc!!

Miskien het die vlugteling druk op Europa het siening verander. Nou die besef dat die anc maar net nog ‘n Marxistiese Afrika party is.

Terug trek Holland toe….nee dankie, sal hier veg vir selfbeskikking.

Panner ·

Dankie, nou kry ek bietjie waarde vir my 41 jaar se lidmaatskap.

Jerry ·

Welgedaan, maar maak gereed vir n onstuimige politieke klimaat wat die ANC/eff sal skep om die wil van die massas af te dwing! Lesse dan vergeten, vrede dan niet! Ai hoe lekker rol hy op die tong!

Derick ·

Hoop en bid dat die Here meer lande se oe oopmaak sodat hulle kan sien wat in SA aangaan. Misdaad MOET STOP.

GSmit ·

Dis belaglik dat daar gesê word rasistiese bewegings verhoed hulle om die saak aan te vat. As mense dood is, is hulle dood. Jy’t niks nodig om te bewys nie. Die wêreld lê lekker en slaap aan die stuur en hulle aksies kom te laat. Wanneer Eskom plat val is ons almal in dit.

Blommie ·

Ja Jaco, ek stem nogals saam met jou.
Daar het dieselfde gebeur en kyk net waar het dit daai land gelaat.
Maar miskien het die wereld se oe dalk oopgegaan daardeur en sal ek hoop optree in wat aan die kom is in SA.

Andre Stander ·

Dank die Hemelse Vader!
Dank aan Solidariteit / Afriforum, waarsonder ons handtjie-vol Boere-Afrikaners verseker verlore sou wees..

DANK aan die Nederlandse Regering, wat hulle ontverm oor ons in Afrika. Want eintlik is ons van een bloedlyn afkomstig – ons Voorvaders het net besluit om in 1652 na Afrika te reis, om die Rijk hier te kom uitbou.

Right said Fred ·

En ek wonder na wie word verwys as die verregses met ‘n eie agenda??

François Joubert ·

Die selfaangestelde “ambassadeur” in Amsterdam het verseker aan sy kaaskoek verstik toe hy diè nuus verneem.

Herman Krisman ·

Hoop maar hulle verander hulle paspoort wette.Albei my ouers kom van Nederland.Ek is hier gebore,het Suid Afrikaanse paspoort,en het tot September 2018 ook Nederlandse paspoort gehaad.Elke tien jaar moet dit hernu word by hulle Embassy in Pretoria of Kaastad,Ek woon in Port Elizabeth en kon eers in April 2019 myne hernu.R2200.00 betaal na ek Pretoria toe gevlieg het,Maar dis afgekeur……Lang storie kort,as jy dit eers laat verval het,verloor jy dit,al is jy ook in Nederland gebore.Gelukkig het my twee kinders hulle s’n betyds hernu.Hoop my storie help iemand om hulle s’n te behou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.