Nederland bereid om miljarde op te dok vir skildery

“Die Vaandeldraer” (deur Rembrandt) via Wikimedia Commons

Die Nederlandse regering het Woensdag gesê hy is bereid om €150 miljoen (meer as R2,6 miljard) by te dra om ʼn Rembrandt-selfportret na die land terug te bring. Die skildery word deur die Rothschild-familie verkoop.

Dié deel van die Rothschild familie woon in Frankryk en is al sedert 1844 in besit van die skildery. Owerhede in Parys het Dinsdag gesê die skildery sal aan die publiek beskikbaar gemaak word alhoewel die werk, ʼn selfportret genaamd “Die Vaandeldraer”, ter waarde van ongeveer €165 miljoen, as ʼn “nasionale skat” in Frankryk beskou word.

Indien die bedrag van €150 miljoen van staatsgeld deur die Nederlandse parlement goedgekeur word, sal die Rembrandt-vereniging ʼn verdere €15 miljoen bydra en die Rijksmuseum sal €10 miljoen finansier.

“‘Die Vaandeldraer’ is een van Rembrandt se meesterstukke en word onlosmaaklik verbind aan die geskiedenis van Nederland,” het die ministerie van kulturele sake in Den Haag in ʼn verklaring gesê. “Dit is nou die geleentheid om een van die laaste Rembrandts van sy soort te bekom.” Volgens die ministerie was die werk eeue lank in privaat besit, insluitend die koning van Engeland en sedert 1844 die Rothschild-familie.

Rembrandt het “Die Vaandeldraer” in 1636 geverf toe hy 30 jaar oud was.

“‘Die Vaandeldraer kom uiteindelik huis toe ná ʼn reis van ʼn paar eeue,” het Ingrid van Engelshoven, minister van kulturele sake, bygevoeg.

Taco Dibbits, direkteur van Amsterdam se Rijksmuseum waar 22 van Rembrandt se ongeveer 340 werke gesien kan word, sê “ons droom al generasies lank daaroor om ‘Die Vaandeldraer’ terug te bring na ons land toe”. “Die gehalte daarvan en die feit dat dié skildery Rembrandt se deurbraak was as ʼn kunstenaar beteken dat dit ʼn ongeëwenaarde werk is van die meester.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Colombo

Waar kan ek bie?

Tipper

Geld om te mors.

FM

Ek sit vanoggend en kyk na een van my eie stukke en die gedagte kom by my op

wat van ek bemaak dit aan ‘n kleinkind wat nie daaraan waarde heg nie

wat van dit word deur ‘n brand verwoes

nou dink ek aan hierdie meesterstuk van Rembrandt en die geweldige geld waarde en die waarde van volksbesit

en

wat van……………..

Racheltjie Debeer

Genade soveel geld vir ‘n skildery terwyl daar miljoene honger mense in die wêreld is!!!

Harley Davidson

Eerste wêreld land wat reg bestuur word en kultuur het vooruitstrewende regering met gelukkige burgers,wat is verskil dan tussen Suid-Afrika en Nederland?