Nederland kry nuwe Bybelvertaling

bybel

Argieffoto

’n Nuwe Bybelvertaling, “Bijbel in gewone taal”, word Woensdag amptelik deur die Nederlandse Bybelgenootskap bekend gestel. Die Bybelgenootskap vier vanjaar sy 200ste bestaansjaar. Die eerste nuwe Bybel word vandag aan koning Willem Alexander oorhandig.

Die nuwe Bybelvertaling verskil van die vorige, die Nieuwe Bijbelvertaling van 2004, deurdat dit nou net 4 000 verskillende woorde gebruik, teenoor die 11 000 van die vorige.

Bybelkundiges en Nederlandici het sewe jaar lank gewerk daaraan om die nuwe vertaling uit Grieks, Hebreeus en Aramees te vertaal. Leerlinge van die middelbare voorbereidende beroepsonderwys het ook die vertaalde tekste gelees, en as hulle ‘n teks nie mooi begryp het nie, is dit weer vertaal. Die fokus van die nuwe vertaling is om dit vir almal verstaanbaar te maak.

Die eerste beduidende poging om die Bybel in Nederlands te vertaal het tussen 12 Junie 1360 en 23 Junie 1361 in twee weergawes van die Eerste Historiebijbel neerslag gevind. Dit is in die 15de eeu gevolg deur die Tweede Historiebijbel waar verder weggestaan is van die invloed van die Latynse vulgaat.

Verskeie vertalings het hierna die lig gesien voor in 1618 opdrag gegee is vir die bekende Statenvertaling. Dit sou die eerste Nederlandse Bybel wees wat uit die brontale vertaal is. Die vertaling is in 1635 voltooi, en is twee jaar later goedgekeur. Die taal wat in hierdie vertaling gebruik is, het die grondslag gelê vir die vorming van Standaardnederlands wat ’n eeu later plaasgevind het. Dit sou drie eeue lank die amptelike Bybelvertaling wees.

In Suid-Afrika is die 1933-Bybelvertaling in Afrikaans egter reeds in gebruik geneem. Sedert 1951 was daar ’n aantal letterlike Bybelvertalings, waarvan die jongste in 2010 verskyn het.

Die eerste vertaling in eenvoudige Nederlands het in 1996 gekom.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Deon ·

Net daar waar jy sit, dank die HERE dat die hele Afrikaanse Bybel nou al vir langer as 80 jaar in die taal wat jy by jou moeder geleer het – die skoonste, skoonste taal – in jou hande kan wees en dat jy dit kan lees en vestaan. Dank die HERE dat Sy Gees die Woord aan jou openbaar en dat Sy Woord die lig vir vir jou pad en die lamp vir jou voete is. ” Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond. U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad.” PS119:103-104

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.