Nederlander tuis ná dodelike bakterie in SA

David en Sabina Badenhorst Foto: YouCaring.com

David en Sabina Badenhorst Foto: YouCaring.com

Sabina Badenhorst (27) is veilig terug in Nederland nadat sy ʼn dodelike siekte in “haglike toestande” in ‘n staatshospitaal in Suid-Afrika opgedoen het en haar familie geglo het sy sal beter in Holland versorg kan word.

Sabina het met ʼn Suid-Afrikaner, David Badenhorst van South Beach in Durban, getrou en sy het begin om geld in te samel om ʼn tehuis vir kinders met fisiese gebreke, in te rig.

Haar familie moes egter self dringend met ʼn fondsinsamelingsprojek begin sodat hulle haar na Nederland kon laat terugkeer.

Sarah Roe, Sabina se suster, het op die YouCaring.com-skarefinansieringswebwerf gesê haar jonger sussie het in September van Zwolle in Nederland na Suid-Afrika gevlieg met vier koffers, ʼn trourok en ʼn hart vol drome. Sy het egter binne ʼn maand ná hul troue siek geword en is in Addington-hospitaal opgeneem.

Sabina Badenhorst Foto: youcaring.com

Sabina Badenhorst Foto: youcaring.com

“Sy is opgeneem vir galstene, maar sy het ʼn lewensgevaarlike, vleisetende bakterie opgedoen,” het Roe verduidelik.

ʼn Span chirurge het die infeksie met ʼn reeks operasies beveg totdat hulle beheer kon kry daaroor. Die familie glo toestande in Suid-Afrikaanse staatshospitale is baie swak. “Alhoewel die hoësorgeenheid ʼn hoë standaard handhaaf, bly die risiko van besmetting baie hoog,” het Roe bygevoeg.

Sabina het ʼn middelweerstandige hospitaalbakterie opgedoen wat haar keer op keer weer in septiese skok laat ingaan het. Haar dokters en haar familie het ingestem dat sy beter sorg in Nederland sou kry. Die familie wou genoeg geld insamel om haar na Nederland terug te bring, maar ook voorsiening maak vir toekomstige hospitaaluitgawes by ʼn spesiale steriele gesondheidsorgfasiliteit.

Die gesin het die haglike toestande van die hospitaal op ʼn spesiale Facebook-blad, wat opgestel is om die geld vir Sabina in te samel, gepubliseer:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Marina Graaff ·

Die staatshospitale is werklik haaglik verby!!! My skoonma het septisemia opgedoen in n staatshospitaal en nadat my sus haar huistoe gevat het om self te versorg het sy dit in so n mate opgedoen dat sy haar vinger verloor het!!!!

Assie Van der Westhuizen ·

Ek wil graag dink dat dit ook iets is wat van hospitaal tot hospitaal kan verskil. Net meer as 11 jaar gelede is ons dogter van ‘n wildreservaat in noordelike KZN vervoer na Empangeni weens ‘n dreigende vroeg-geboorte op 37 weke. Die blanke medikus het my skoonseun aangeraai om haar na die Staatshospitaal te neem omdat die Private Hospitaal hom finansiël kan ruïneer indien sy vir 5 tot 6 weke daar moet bLy (wat toe ook die geval was). Tydens die hospitalisasie het ons vasgestel dat daardie Staatshospitaal se afdeling vir vroeg-gebore babas die beste in die Provinsie was, met beter en meer moderne toerusting as dié van die duur private hospitaal. Ons dogter en baba het deurlopend uitstekende diens ontvang en ons kan meer net hoop dat daardie standaarde nog gehandhaaf word.

Mari ·

Dit was 11 jaar terug. Nou sal jy dalk n heel ander situasie daar aantref.

Anoniem ·

Dit was voor ons nuwe regering se tyd. Toe het ons nog vir mekaar omgegee en net die beste was goed genoeg. Nou is als n gemors!!!!!!!!!!!!!

Voorlaaier ·

Ja nee kyk!! Boeta SA staats hospitale is nie vir die swakkes nie.!! Jy moet sterk wees om hulle te oorleef!

QT ·

Ai nee Assie… Jy praat dan nou van 11 JAAR gelede? Ons bly nie meer in dieselfde Afrika as 11 JAAR gelede nie… Ek glo nie eens ons het toe krag-deel, medikasie-deel , bed en badkamer geriewe deel ( ps. Jy moet nou jou eie verskaf, selds die toilet papaier ) of sels water deel daai tyd geken nie… Deesdae word die gesonde mense in staats hospitale siek!

Peet Schabort ·

“Proudly Êfrika”. ‘n Normale dag is wanneer iets verkeerd loop en abnormaal wanneer niks verkeerd loop.

Jessica ·

Ek gaan liewer dood voordat ek in SA se staats hospitale le. Dit is regtig haglike toestande. As mens nie medies kan bekostig, neem tenminste net n hospitaal plan uit. Veral as jy kinders het.

Fanie ·

Ja ons Staatshospitale se higiene is in ‘n toestand!! Daar word nie genoeg skoongemaak en ontsmet!! Daar is baie voete, lywe, en kieme wat die kompakte area binnekom, maar daar is of nié skoonmakers of hulle is te lui om hulle werk te doen!!! Staan net die heel dag en gesels!!! En jý as pasient moet maar wag, want húlle wil gesels!! En so gaan dit aan!! Die heeldag, Elke dag!!!

Lallie ·

Ja nee kyk dinge was maar beter onder die sogenoemde “verkrampte” regering van jare terug.

antoinette krog ·

Nee dienste is pateties. Die manier hoe my mams behandel was is Helen Josesp hospitaal was erg. Selfs n email na die minister van gesondheid gestuur maar niks nie. Die enigste plek wat mams nog ok behandel het was die icu voor haar dood. Die kos is net so erg

Alit ·

Kyk asseblief na die opskrif en berig diskripansie? Virusse en bakterieë is nie dieselfde mikro organismes nie. Sulke foute maak die berig ongeloofwaardig. Seker is daar iemand om feite te verifieer voor publikasie??

Sune van Heerden ·

Dagsê Alit

Ons vra om verskoning vir die oorsig! Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

liza ·

En dit is die beeld wat weereens die wereld in gestuur word van SA….swak!!!

Ivorine ·

Ek was vir 10 dae in Groote Schuur hospital en het die beste diens waarvoor ‘n mens wens ontvang, ek gaan omtrent maandeliks GSH toe en het nog nooit die hospitaal vuil en sonder toerusting gevind nie, Die personeel is goed opgelei en vriendelik. Ek besef Kaapstad kannie onder dieselfde kam as die res van die land geskeer word nie, maar daar is wel goeie personeel.

Frans ·

Die verval van staatshospitale is simptomaties van die verval van Suid Afrika en in die omstandighede floreer privaat hospitale teen steeds stygende koste en kyk gerus wie maak almal gebruik daarvan.

Hierdie privaat hospitale lewer die diens wat Staatshospitale in die verlede gelewer het en daarvan kan ek getuig toe ek as kind vir ‘n gebreekte arm in een opgeneem is.

Selfs grootmond Malema het ondanks sy oproep dat Ministers ens hul kinders na openbare
skole moet stuur steeds geweier om sy eie seun uit ‘n privaatskool te verwyder, volgens IOL 4 Julie 2014.

Dus weereens ‘n geval doen soos ek sê maar nie wat ek doen nie!Intussen loop Suid Afrika gevaar om tot ‘n rommelstatus gegradeer te word.Dit is moeilik om onder sulke omstandighede optimisties te bly en veral jong mense te oorreed om steeds Suid Afrika hul tuiste te maak.

My arme vrou is omtrent elke dag omgekrap as sy op haar Faceboekblad sien hoeveel van haar oud matriekleerlinge in die buiteland sit en voorspoedige lewens lei weg van die gemors plaaslik.

Hierdie is beslis nie ‘n berig wat ‘n mens net voor kersfees van kennis wil neem nie.

Jan maak n Plan ·

Nou wil die staat ook nog ‘n verpligte siekefonds op ons afdwing en dan moet ons ook in sulke varkhokke gaan le as ons siek is. Hierdie regering ken van afbreek en steel maar van opbou en dienslewering ken hulle niks.

Ina Smith ·

My suster het ook die ‘ Flesh Eating bug’ Necrotizing Fasciitis gehad ‘n paar jaar gelede en as dit nie was vir ‘n Gov Hospitaal Leratong in Krugersdorp se goeie diens en hulp nie was sy vandag dood .. Sy is van Yusaff Dadoo oorgeplaas en het binne ‘n week 4 operasies gehad wat haar lewe gered het ,. Die Dr’s was puik sy was 2 weke in ICU en 3 maande in die Hosp daarna .Ons kon nog nooit oor enige dien kla by Die spesifieke Hosp nie ..

Henry ·

Wonder ek of dit vir Maroela meer Politiek Korrek sal wees indien ek sê dat die toestand van hierdie droewe land se hospitale, tekenend is van ‘n staat wat op die randjie van Rommelstatus waggel.

Lucas ·

Ek self asook my vrou kan getuig van baie goeie behandeling wat ons by die Steve Biko hospitaal ontvang het,. Ek is 2 jaar gelede in die urologies afdeling behandel vir Nierkanker en is suksesvol geopereer. Die hele Span dokers was swart en baie proffesioneel. Hier die jaar is sy met Borskanker gediagnoseer en die gevolglike bahandeling was ook uitstekend van chirurgie tot by Onkologie waar sy steeds behandeling ontvang. Jy moet net baie geduld saamvat want oor groot volume pasiente gaan dit stadig!!

Jef ·

Ieder mens in SA het die reg om goeie mediese sorg te ontvang in n hygeniese skoon hospitaal en dis die plig van die minister van gesondheid om daarop toe te sien maar jammer dat dit teenwoordig nie meer die geval is nie.
Diere hospitale in Nederland is n miljoen keer skoner as die hospitaal wat op die fotos afgebeeld word.
Dis n skande en ek vind dit verskriklik vir die mense wat in so krot moet word behandel.

Jef ·

Ek wou al n tyd gelede my koffers pak om terug te gaan SA toe my geboorteland maar telkens het familie en vriende my afgeraai om die stap te doen.
Nou lees ek weer oor die funksionaliteit en omstandighede van hospitale in SA maar ook oor ander dinge wat nie pluis is nie,nee wat ek dink dat ek nog n tyd hier gaan verblyf.
Sterkte vorentoe Sabina.

Realis ·

“When in Rome, do as the Romans do”‘ of in afrikaans; as jy is Suid Afrika is, moenie siek word as jy nie mediese voorsorg het nie.

U T Orle' ·

Mense sterf in “privaat” hospitale ook . Wie het bewerk dat dit in duie stort ? “follow the money trail” . Wie maak nou geld daaruit ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.