Nederlanders na die stembus

Rutte (links) en Wilders (regs) Dinsdag tydens 'n laaste verkiesingsdebat. Foto: Phil Nijhuis HH POOL via AP

Rutte (links) en Wilders (regs) Dinsdag tydens ‘n laaste verkiesingsdebat. Foto: Phil Nijhuis HH POOL via AP

Nederlanders trek vandag (15 Maart) hul kruisies in ’n verkiesing wat noukeurig dopgehou word as ʼn moontlike aanduiding van sogenaamde verregse populisme voor die verkiesings later vanjaar in Frankryk en Duitsland.

Premier Mark Rutte se Volkspartij voor Vryheid en Democratie (VVD) was vroeg die voorloper by die stembus met Geert Wilders se Partij voor de Vrijheid (PVV) kort op sy hakke.

Rutte het die verkiesing beskryf as ʼn keuse tussen kontinuïteit en chaos en homself voorgestel as ʼn veilige bewaarder van die land se ekonomiese bestel. Hy het Wilders as verregs en radikaal bestempel en as iemand wat nie bereid sou wees om moeilike besluite te neem nie.

Alle hoofstroompartye, insluitend Rutte se VVD, het reeds die moontlikheid om met Wilders saam te werk uitgesluit.

Wilders se eenbladsy-verkiesingsmanifes sluit onder meer beloftes in om die land se grense te sluit vir immigrante uit Moslem-nasies en ʼn verbod te plaas op die Koran. Hy het ook beloof om Nederland aan die Europese Unie te onttrek.

Die laaste dae van die verkiesingsveldtogte is oorskadu deur ʼn diplomatieke krisis tussen Nederland en Turkye oor Nederland se weiering om twee Turkse ministers toe te laat om saamtrekke toe te spreek oor ʼn grondwetlike hervormingsreferendum volgende maand wat Turkye se president meer mag kan gee.

Nagenoeg 12,9 miljoen Nederlanders is stemgeregtig en het tot 21:00 (22:00 Suid-Afrikaanse tyd) om hul kruisies te trek. Kiesers het ʼn keuse van 28 partye om voor te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ken ·

Ja die klomp was ook maar heel giftig eenoor ons mense in die 80er jare!
Dis altyd maklik om raad tegee as jy geen bedreiging ervaar! Is daar dalk nou iets op die horison? Vra maar net. Sterkte vir die Nederlanders!

Cherokee ·

Jy vra maar net. Soveel van julle sê maar net of vra maar net. Dink tog ‘n nuwe rympie uit!
Die klomp was heel giftig teenoor ons 3½ dekades gelede, sê jy.
Swart bevolking in ons land is nou uiters giftig oor wat 3½ dekades gelede wet was in die land. Niè oor wat nou wet is nie maar oor wat wet was in die 80er jare.
Ek sal nou nie sê ‘ek sê maar net nie’ maar gaan sit stil en werk uit wat ek maar net gesê het.

Jcwf ·

Wilders het ‘n bietjie gewen 4 setels of so. Die groot wenner is GroenLinks en ander wenner die Christen Democratische Appel CDA en Democraten ’66, aldrie is pro-EU, veral D ’66. Ook GroenLinks het nou taamlik pro-EU geword. Die VVD het verloor maar bly die grootste party. Hulle het CDA en D’66 nodig vir ‘n koalisie. Die nuwe regering gaan sterker pro-EU wees.

Dit beteken dat die stories oor Nexit net Russiese propaganda is. Dit gaan glad nie gebeur nie. In teendeel, die EU gaan hom versterk omdat mense deur Putin, Erdogan en Trump bedreig voel. Frankryk gaan Macron verkies en Duitsland dalk Schulz, altwee sterk federalisties Europees. Sonder die Britte kan Europa ‘n eie weerwag gaan opbou.

Andries Erwee ·

Wilders het 4 meer as in 20112 gekry en 5 minder as in 2010. nederlanders is beslis nie reg vir radikale regse rassisme nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Amerika en Europa is almal op pad om uiting te gee aan hul probleem met die uitgewekenes van ander lande om hul lewes te kom omver gooi in hul eie lande, en almal neig nou na die konserwatiewe kant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.