Nederlandse stad wil vleisadvertensies verban

Haarlem wil dalk ook advertensies van kitskoskettings verban. (Foto: Unsplash)

Die Nederlandse stad Haarlem wil advertensies vir die meeste vleissoorte verbied – glo weens die impak van veeboerdery op klimaatsverandering.

Dié stad, met ongeveer 160 000 inwoners, het ingestem om vanaf 2024 advertensies vir vleis afkomstig van industriële boerderye, op openbare plekke soos busse, skuilings en skerms te verbied.

AFP berig dat dié stap al in November deur die stadsraad goedgekeur is, maar eers verlede week onder die publiek se aandag gekom het toe ’n raadslid aangekondig het dat hy advertensie-agentskappe amptelik daarvan in kennis gestel het.

“Dit sal die eerste stad in Nederland – en eintlik Europa én die wêreld –  wees wat ‘slegte’ vleisadvertensies op openbare plekke verbied,” het Ziggy Klazes, raadslid van die GroenLinks-party wat die mosie opgestel het, gesê.

Sy voer aan dit is strydig met die stad se politieke siening “om geld te verdien deur die stad se openbare ruimtes te verhuur om produkte te bemark wat aardverwarming versnel”.

Amsterdam en Den Haag het reeds advertensies vir lugreise, petrolaangedrewe motors en fossielbrandstowwe verbied, maar nou gaan Haarlem vleis tot dié lys voeg.

Volgens Klazes raak die vleisverbod “alle goedkoop vleis afkomstig van industriële boerderye”.

“Wat my betref, sluit dit advertensies van kitskoskettings in.” Die stad het egter nog nie besluit of advertensies vir organiese vleis verbied sal word nie.

Haarlem se verbod kom boonop op ʼn sensitiewe tyd vir Nederland wat al maande lank onder betogings deur boere deurloop.

Maroela Media het vroeër berig dat boere woedend is oor die regering se planne om stikstofvrystelling te verminder deur onder meer 5 000 plase uit te koop. Boere het vroeër gesê hulle “sal die hele Nederland sluit” uit ontevredenheid oor die saak.

Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, het Woensdag aan Maroela Media gesê die verbod word eintlik deur ʼn klein minderheid in Nederland gedryf wat teen die landboubedryf gekant is.

Kleynhans sê statistieke dui aan dat minder as 5% van mense in Nederland glad nie vleis eet nie.

“Dis eintlik ʼn baie klein minderheid, maar daar is ook ʼn redelike aktivistiese groep in die parlement wat veral teen boerdery met diere (onder meer skape en beeste) gekant is. Dis natuurlik ook dié mense wat reëls probeer instel dat boere hul kuddes minder moet maak.”

Kleynhans voorspel dat ʼn hewige debat oor dié kwessie nog voorlê.

Die vleisverbod is verder gekritiseer deur die Nederlandse vleisbedryf en sommige politieke partye wat dit as ’n vorm van sensuur en stigmatisering van vleiseters beskou.

“Om advertensies om politieke redes te verbied, is amper diktatoriaal,” het Joey Rademaker, ’n Haarlem-raadslid vir die regse BVNL-party, in ’n verklaring gesê.

Die Nederlandse vleisbedryfliggaam, die Centrale Organisatie voor de Vleessector, het gesê Haarlemse owerhede “gaan te ver om mense te vertel wat die beste vir hulle is”.

Dié liggaam het onlangs sy eie veldtog genaamd “Netherlands Meatland” van stapel gestuur om die eet van vleis te bevorder.

Bykomende bron: AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Kerrie ·

Ai die liberale ….besluit nou wat die klug is en kry klaar.

Maritha ·

Aaaag asb! Dan is baie van ons voorouers ook nog van daar af. Is di mense heeltemal gek? Wonder waarvan wil die klomp nou leef. Wat van melk, kaas, jogurt? Kom dt nie ook van beeste af nie? Gn wonder hulle almal lyk bietjie bleek nie.

Jacqueline ·

Ek is Nederlandse ( en lyk nie bleek nie ;-)). Sie dit as een groter geheel. Dit is net nie Nederlands , dit is wereldwyd die probleem. Solank ons die globalisten ons dinge door die strot duw as covid, oorlog, immigratie en klimaat sal dit alleen maar erger word.

LeonS ·

Te veel mense op moeder aarde dit is die probleem, gelukkig het jul mos genoeg ertjies om te eet. Gaan jul ophou palings ook eet?

Adri ·

Hulle moet dan ook advertensies van alles wat wol en leer bevat, verbied!

marius ·

Hulle kaas is ook dan daarmee heen . Daarsonder is hulle net koppe …

Treurwilger ·

Die begin van die aanslag en veldtog teen vleiseters.
As hierdie tendens die gewone linkse verloop neem, kan ons verwag dat dit al feller sal word tot alle vleiseters, net soos die oningeënte uitvaagsels, verban word uit die samelewing.

Arno ·

Storie van ons lewe hier in Nederland. Vir my snaaks hoe die vegatariers vir mense wil voorsê wat hulle moet eet. Ons respekteer al jare lank hulle wense om nie vleis te eet nie. Wens dit was dieselfde anders om. Mense hierdie kant is nie baie gelukkig daaroor nie, veral nie boere nie. Op die oomblik word die fee boere hier gesien as ‘n skurk. Hartseer om dit te beleef.

Die eenigste ding wat die EU Stikstof Neutraal strategie veroorsaak is dat EU lande hulle self in die voet skiet. Hulle implementeer dit sonder om te dink wat hulle in die plek gaan sit om daarvoor op te maak, i.v.m krag, verwarming en voedsel.

Dis regtig ‘n mensDOM soos Henri dit stel.

Jacob ·

Arno, dit het moontlik tyd geraak dat politikuste dit baie duidelik moet uiteensit wat hulle agendas is voor verkiesings. Dan moet hulle “aangestel” word vir ‘n tydperk van 180 dae waarna hulle evalueer word, en weer 180 dae daarna, ens. Indien hulle kom met belaglikhede soos Mark Rutte, skop hulle uit. Die ou is byvoorbeeld so arrogant dat hy dit openlik verkondig het dat Nederland hulle boerderye sal stop en kos in Afrika begin verbou. Die vraag is wie de hel is hy om te besluit dat Afrika dit wil doen? Dit is die uiterste vorm van rassisme en dit is ‘n stink kolonialistiese benadering om te aanvaar dat Afrika nie self besluite kan neem nie. Is dit moontlik die rede waarom Afrika vir die Weste ‘n middelvinger wys en eerder saam met Rusland en China werk?

Johannes_64 ·

Dit is algemeen bekend dat mense wat op emosie lewe eerder as tegniese kennis en bewyse in baie lande as seniel of anders geestelik gestrem is. Vandag is dit algemeen en meeste mense in beheer het geen tegniese vaardighede of feite en bewyse nie…. alles emosionele besluite.

As mens nie veronderstel is om vee te eet nie, hoekom is dit van braaivleis gemaak?

Jixy ·

“hoekom is dit dan van braaivleis gemaak?” Lekker lag ek nou.

Jacob ·

Kan dit moontlik wees dat Holland se “koffiewinkels” waar dagga nou al vir etlike dekades lank vrylik beskikbaar is, ‘n tol begin eis het of het daar ‘n “outydse seksueel oordraagbare siekte” wat bekend is daarvoor dat dit die brein aantas, uitgebreek in Walletjies Straat en vinniger as Covid 19 versprei?

Is dit moontlik ‘n newe effek van sekere “inentings”?

Andre ·

Hulle het seker nog nie gehoor dat ons blykbaar op ‘n bal gesmelte rots bly nie, nou wil hulle al diere blameer. Ek wonder wat gebeur met vulkane?

VaalDonkie ·

Logika help nie. Hulle het ‘n agenda en dis al wat saakmaak.

Bart-Man ·

Dan moet hulle advertensies van mense ook verbied. Die grootste impak op die wêreld is mense.

VaalDonkie ·

Is jy ‘n swart inboorling? Want anners kom jou voorvaders ook iewers uit Europa uit. Myne bv is van Portugal en Duitsland.

Jacob ·

Om die eet van voedsel (soos vleis) te verbied, is ‘n lering van demone (vgl 1 Tim 4:1-5).
Nog nie heeltemal daar nie, maar die gevalle wêreld beweeg flink op pad soontoe.

VaalDonkie ·

Ek kan ook nie onthou wie dit was wat dit gese het nie, maar hy’t gese slawe kry nie vleis nie sodat hulle tengerig en gehoorsaam bly. Net die baas kry vleis want dit maak hom sterk en aggressief.

Meisie ·

Ek hoef nie ‘n tjoppie te sien om lus te wees vir een nie. Ek glo nie die impak gaan so groot wees soos hulle verwag nie.. SA is darem okei, as ons buurman se braai ruik dan braai ons sommer ook :)

VaalDonkie ·

Oppas! Kyk wat hulle met sigarette gemaak het. In die 60’s sou niemand kon raai jy mag nie in ‘n restaurant sit en rook nie. En kyk nou.

Manie ·

Verban dan sommer kaas ook. Die kaaskoppe besef seker nie dat hulle kaas ook afkomstig is van beesmelk nie.

Heinrich ·

Ek sien hoeka dat die ‘woke’ klomp van Hollywood probeer om ons te oortuig om insekte te eet. In die ou tyd het almal koeie op hulle lande of dorpe gehad om te oorleef. Ek kan nie sien dat die koeie se getalle so noemenswaardig toegeneem het dat hulle so baie gas kan vrystel nie. Besoedeling het gekom met die industieële rewolusie en net vererger sederdien. Kyk net hou goed het die aarde gereageer met grendeltyd. Nou nog met die dryf na elektirese motors; waar gaan daai krag nogal vandaan kom as die hele Europa ‘n kragkrisis in die gesig staar?

VaalDonkie ·

Want eintlik wil hulle nie he ons moet almal Tesla’s ry nie. Hulle wil he ons moet net kan kort afstande loop soos die gepeupel wat ons is.

Voilet ·

Dom idiote seriously

Dink net wat doen mense wat rook se rook in die lug ????????

Willem Hendrik ·

Bitter min word genoem van die enorme skade wat sogenaamde groen krag die omgewing aandoen. Hoe lank voordat hulle besef dat rou lithuim meer skadelik is, of dat die sogenaamde windkrag lemme nie bio afbreekbaar of herwinbaar is, dat sonpanele nie so groen is as bemark. Hierdie veldtog word aangedryf deur groeppe wat meer baatvind sowel as hul gekoopte wetenskaplikkes. Word wakker !!!

VaalDonkie ·

Dieselfde mense wat reken die aarde is oorbevolk en dat minstens 50% van ons moet waai. Natuurlik is hulle nie deel van daai 50% nie.

Gaitsigubib ·

Mag mens se jy staan saam met die boere van Nederland? Indien ja waarom blok julle my?

Charl Albertus ·

Ek dink ek het deur ‘n swart gat in die ruimte geval en lewe nou in ‘n parralelle wêreld. Die wêreld is van loitjie getik. Binne 30 jaar.
Kan julle nou sien dat liberale nooit weer hul hande op die bestuur van sake moet kry nie.
Dis gaos met geen plan tot uitkoms. Die ergste van alles is dat hulle lees seker nou my kommentaar en wonder waarvan ek praat. En as jy wonder, hou tog net jou oog op die pad vir slaggate, hulle is moeilik om te sien sonder krag en tussen die onluste se brande en geldwa kapings….

Marthinus W ·

Ek verstaan nie die antagonisme teen vleis nie. Vleisdiere se ontlasting, hul vreet van gras, ens help die ekostelsel; daar is diere wat leef op die diere. Indien ons nie meer vleis gaan eet nie, sal ons die aantal koeie en diere moet verminder, wat die balans in die ekologie gaan versteur. Of verstaan ek dit verkeerd…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.