Nederlandse weermag wil Suid-Afrikaners werf

(Argieffoto)

Die Nederlandse weermag ervaar tans ’n groot personeeltekort en beoog om meer mense uit die buiteland en in die besonder mense van Suid-Afrika aan te stel.

Die Nederlandse koalisie vir veiligheid wat bestaan uit Nederlandse vakbonde en organisasies in die veiligheidsektor, het vandag ’n brief aan die parlement gerig om aandag te gee aan dié kwessie.

Die Nederlandse mediaplatform RTL Nieuws berig die Nederlandse politieke party Democrats 66 het reeds verlede maand die voorstel gemaak om mense in Europa as soldate vir die Nederlandse weermag te werf. Dit is egter nog nie wettiglik moontlik nie omdat iemand van Nederlandse afkoms moet wees om as soldaat in die Nederlandse weermag te kan dien.

Die Nederlandse departement van verdediging het die huis van verteenwoordigers in die parlement versoek om die aanstelling van mense binne die Europese Unie te oorweeg. Die departement se hooffokus is om meer vroue aan te stel.

Luidens die berig in RTL Nieuws meen die koalisie hulle gaan sukkel om ekstra personeel uit Europa aan te stel omdat die ander Europese lande ook ’n personeeltekort ervaar. “Dit gaan beter wees om te fokus op lande buite die Europese Unie, soos Suid-Afrika, Suriname en Aruba, wat reeds aan Nederland gekoppel is,” lui die berig.

Europese lande soos Brittanje, België en Frankryk neem wel buitelanders as soldate in diens.

Volgens Marc de Natris, voorsitter van een van die veiligheidsorganisasies, gaan die Nederlandse veiligheidsektor in die komende jare tienduisende personeellede benodig. “Die afdeling van verdediging kort jaarliks 3 500 tot 4 000 jong mense. Daar is reeds 9 000 vakatures wat gevul moet word,” sê Natris.

Altesaam 1 500 Suid-Afrikaanse kandidate het reeds hul belangstelling op sosiale media aangedui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Theoman ·

Nederland hiers sowat 40miljoen ouens wat julle met plesier kan kry, die heel beste soldaate, asseblief kom haal hulle.

colleen ·

Ja vat die miljoene, maar moet hulle net nie terugstuur nie.

Kies mooi ·

Maak tog seker dat julle nie op die einde met dieselfde probleme as ons sit nie. En ou Theo kan hier bly saam sy 40m. Die res van ons sal met graagte by julle wil aansluit.

Asmain ·

Hoop daar is n streng keuringsproses in plek anders gaan die Nederlanders spoedig lang trane huil as die klomp begin demand & staak & afbrand

Insig ·

Ek dink nie die mense wat so negatief is besef na watter Suid Afrikaners hulle verwys nie. As ek reg onthou het Maroela Media ‘n ruk terug self berig dat partye in NL iets wil doen omtrent die situasie in SA. Nou kom werf hulle soldate. Bring die kloutjie by die oor?????

ap ·

Ja asseblief kom haal hulle , julle sal nooit weer probleme he nie , en hou hulle daar , goeie leiers ook as julle belangstel …

Jacques ·

Het ek R5 – R5 -R5 vir die eertste maal , R5 vir die tweede maal – bot toe geslaan op jou . Jy bly net waar jy is vir R5 ….. LOL

Johan David vosloo ·

Ek sal met liefde die geleentheid aanpak as ek dit Kan kry ,ek is willing om asap te begin en Vir my ñ toekoms in Nederland’s bou uit toe kotupsie van ñ suid afrika

Wouter ·

Meeste Afrikaners is van “Nederlandse afkoms” so behoort reeds huidiglik te kwalifiseer?

Ek Stem! ·

Gulde geleentheid vir die nie werk kan kry nie agv van hulle pigment. As hulle bereid is om n bietjie op te offer. Vir die wat so negatief is, is die wat kla met n witbrood onder die arm.

Dis Nou ·

Sien dit eerder as ‘n geleentheid vir ons eie jongmense om uit die land te kom

VSA ·

Baie poste beskikbaar in VSA BorderPatrol. Doen net n bietjie moeite en vind uit.

Alida ·

Wel daar sal hulle gedisiplineer word en maniere geleer word.

Wiehan ·

Gaan maar net terug na Morden Nederland. Sal nie moeilike aanpassing wees nie, veal die taal. Lank lewe Koning van Oranje.

C ·

Wel dit kan 2 kante toe gedraai word, ek sien n guldige geleentheid vir ons eie kinders ook.

Hannelie ·

Nou se ek niks meer nie. Daai mense sluit nie eers hulle fietse nie.

Sonja ·

Hanlie dis waar, ek was Des daar met vakansie. Sorry ons volk sal nie daar aanpas nie. Op n bus mag jy net bv by d deur opklim en daar een af. trappe regs op links af. By sekere winkels lui jy jou eie items op en betaal en waai. En jy durf nie in n fiets baan te loop nie. En daar stop n bus of trem of taxi nie nie daar en dan nie, en tyd is tyd. ons sal lekket lag

Kolle ·

Fantastiese geleentheid vir jongmense wat andersins nie kan gaan studeer nie of in die land moet bly weens finansies. Sodoende kan hulle ook dalk burgerskap bekom wat deure oopmaak. Kyk na die groter prentjie.

Jandre ·

Goed plan. Als Nederlandse, had ik zelf ook dienst gedaan in het oude Zuid Afrikaanse Leger. Ik sta hierachter. Het zijn weliswaar gedegen goede gedisciplineerd mensen ervoor. Breng ze hierheen. Nederland kan ze goed gebruiken.

Chris ·

Stem saam met Kolle, hierdie moet as geleentheid gesien word vir ons eie mense.

Jerry ·

Soveel ouer garde afrikaners se gebede vir hulle kinders sal gehoor wees indien dit realiseer. Emigreer sal die afrikaner emigreer, ten spyte van watse “imstaying” projekte ookal geloods word!

Nederlander ·

Hoekom stel Nederland nie weer verplichte weerman in nie.? Of is hulle te “smart”? Dit sal van enige seun n man maak. Die Nederlanders is nie bereid om self iets te doen nie, nou wil hulle ander lande se seuns betrek en hulle is klaar so oor laai met mense van ander kulture

Maggie ·

Dis die beste aanbod ooit om veilig uit hierdie land te kom en deel te word van wet en orde, plus eks seker verblyf in Nederland, wat n wonderlike toekoms. Dis sal ongelooflik wees!!!!

Rudolf Coetzee ·

As hulle besluit om dit te doen moet hulle net n Application form stuur ASB

JO ·

@Maggie Ja ek stem 100% saam, dit is n goue geleentheid! Kyk Nederland is duur wat eiendom aanbetref asook “lifestyle”, dus die ondersteuning van die NL-staat sal baie help om mense bedoelend Afrikaners suksesvol te integreer.

dave ·

ek sal enige tyd gan want oorals moet jy matriek he in suidafrika vir wat weet ek nie maar ja ek sal graag wil gan

Jannie van Niekerk ·

Om genade! Koebaai dissipline vir die Nederlandse weermag….Die SANW weet nie wat die woord dissipline beteken nie en nog minder ten minste 59 miljoen van Suid Afrika se burgers..Stakings, geboue en voertuie aan die brand steek (veral ambulanse en brandweerwaens) buitetbande brand…Ag ja, julle kan hulle maar met plesier kom haal.

Elizna ·

Jandre help ons kinders ek zegen hul het helpen nodig nie moren NOU!kindersen in SA sukkelin tot nieten smoggens hul weten da is nieght hier by hul huizen..net dood en moorden. One bidden tot Redding

Christian ·

@MAROELA
Hier is sprake van groot verwarring. Die Nederlandse media, waaronder die NRC, meld duidelik dat die Nederlandse weermag en polisie nie willekeurige Suid-Afrikaners soek nie. Hulle soek Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners. Taal is die hoofrede hoekom daar uitgereik word na Afrikaans- en Nederlandssprekendes buite Nederland. Dalk is die verwarring ontstaan omdat sommige Nederlandse media na ‘Afrikaans’ verwys as ‘Zuid-Afrikaans’.

JO ·

@Christian

Ja ek kan van eerste handse ervaring getuig in integrasie kursusse in Belgie dat Nederland sprekendes die term “Afrikaner” en “Afrikaans” verwarrend vind.

Kerneels ·

Daai is maklik: Jys ‘n Afrikaner want jy praat Afrikaans.

apie ·

bedaar mense, die sleutelwoord is Nederlandse afkoms. meeste Afrikaanssprekendes het van daardie gene

Anel ·

Lees mooi. Mense van Nederlandse afkom. Afrikaanses, nie Afrikane nie.

Judge Dredd ·

Anel – solank jy besef dat nie alle Afrikaanses van Nederlandse afkoms is.
Bv daar is mense wat van die Franse/Duitse/Portugese/Italiaanse en nogmeer asook die Engelse afkomstig is wie se huistaal nou Afrikaans is.

Sonja ·

Daar moet n Generaal aangstel word. Kan nie net by n troep begin nie

Anel ·

Judge Dredd, ek weet. Maar hoe moet ek dit anders stel om nie rastisties te klink nie?

Gwen ·

Interessant. Veral omdat die berigskrywer verkies om nie die Nederlandse naam vir die politieke party (Democraten 66) te gebruik nie. Waarom dan?

Anton ·

Julle sal skoon van julle eie probleme vergeet as julle ONS soldate gebruik!

Mariana ·

Goeie idee,……hulle moet net oordeelkundig te werk gaan.

Lynette ·

Judge Dredd, ek is van Nederlandse-, Franse- en Duitse afkoms, so meeste is gemengde afloms, maar daar is wel n stukkie Nederlands in amper almal van ons.

Xandré ·

Ek stel ook belang om aansoek te doen. As iemand dalk weet waar om te gaan laat weet maar asb.

Gert van Wierdapark ·

As “Democraten 66” van toepassing is, kan ons ouer garde dalk nog by die agterdeur inglip?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.