Neem 2018 Fifa-toernooi by Rusland af, sê Brittanje

2018 ruslandDie Britse adjunk-premier het gesê dit is “ondenkbaar” dat Rusland die gasheer vir die volgende Fifa-wêreldbekereindtoernooi in 2018 kan wees.

Nick Clegg het Sondag gesê die wêreld sal swak lyk indien hy nie Rusland van die reg om die toernooi aan te bied, ontneem nie, tensy die land die situasie in Oekraïne stabiliseer nie.

Verskeie senior Duitse politici het ook die gedagte uitgespreek dat Rusland die toernooi kwyt moes wees, weens hulp wat aan die rebelle in Oekraïne verskaf is wat hulle in staat gestel het om die Maleisiese passasierstraler, Vlug MH17, neer te skiet. Duitsland is die huidige houer van die wêreldbeker.

Fifa self het reeds Vrydag, toe druk begin toeneem het teen Rusland, sy voortgesette steun vir die aanbied van die toernooi in Rusland toegesê. Tog het Fifa in die verklaring benadruk dat hy gekant is teen enige vorm van geweld, en sal voortgaan om sy toernooie in te span om vrede, dialoog en wedersydse begrip tussen mense te bevorder.

Indien die toernooi wél geskuif sou word, of geboikot word, sal dit ‘n groot terugslag vir pres. Wladimir Poetin wees. Hy word as sportmal beskryf, en het alles ingesit om die 2018-toernooi vir Rusland te werf.

Bronne: EurActive, Reuter, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.