Neerskiet van MH17 dalk oorlogsmisdaad

malaysia airlinesDie neerskiet van Malaysia Airlines Vlug MH17 oor Oekraïne, is moontlik ‘n oorlogsmisdaad, aldus Navi Pillay, voorsitter van die VN se Menseregteraad.

Pillay het Maandag ‘n verslag van die raad oor die toestand in die pro-Russies besette ooste van Oekraïne bekend gestel. In die verslag word die rebelle erg gestriem vir beweerde optredes soos ontvoering, teregstellings en marteling om die mag te kan behou. Die rebelle word daarvan beskuldig dat hulle ‘n skrikbewind teen die bevolking voer.

Die komitee doen ook ‘n beroep op die regering van Oekraïne om menseregte te herstel in gebiede wat van die rebelle verower is, en waarvan die inwoners onder die beheer van die rebelle ontneem was.

Die raad waarsku dat hy alles in sy vermoë sal doen om enige persoon wat hom aan wandade skuldig maak, insluitende buitelandse soldate – ‘n klaarblyklike verwysing na Russe – voor ‘n geregshof te sleep om te boet vir hul wandade.

Volgens die verslag het sowat 100 000 mense reeds na ander dele van Oekraïne gevlug. Volgens ander berigte het duisende mense ook reeds na Rusland gevlug.
Intussen berig die Christian Science Monitor dat die Britse ondersoekers van MH17 se vlugopnemer uit die ontleding bepaal het dat die vliegtuig inderdaad deur ‘n missiel neergeskiet is. Die data dui daarop dat daar ‘n skielike, “eksplosiewe” verlies aan lugdruk in die vliegtuig was. Na berig word is die missiel as ‘n Russiese SA-11 grond tot lugmissiel geïdentifiseer.

Bronne: VN Menseregteraad se mediaverklaring, Trouw, Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

Navi Pillay, `n kenner van oorlog misdaad, en segsman vir die kliek.
In Navi se eie land kan die totale ‘caste system’ dalk ook `n nasionale misdaad wees ?
Dalk is die grootskaalse vermoor van vroulike babas ook `n misdaad ?
Minderjarige aarbeid ?
In my mening is die oorname van Fiji deur Moodleys en Naidoos ook `n tragedie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.