Nege dood ná skietery op kampus

Omstanders vertroos mekaar by die kampus. Foto: AP

Omstanders vertroos mekaar by die kampus. Foto: AP

Ten minste nege mense is dood en talle gewond, nadat ʼn 26-jarige man Donderdag op ʼn groep studente op ʼn kollege-kampus in Oregon in die VSA losgebrand het.

Die man het verskeie vuurwapens by hom gehad toe hy een van die klaskamers van die Umpqua-gemeenskapskollege binnegestap en lukraak op die studente en ʼn onderwyser begin skiet het. Volgens ooggetuies het die man daarop aangedring om te weet wat hulle geloof was, voordat hy hulle geskiet het.

Die skieter, wat intussen as Chris Harper Mercer geïdentifiseer is, is kort daarna in ʼn skietery met die polisie doodgeskiet.

President Barack Obama het ná die voorval tydens ʼn nuuskonferensie gevra dat die land se vuurwapen-beheermaatreëls hersien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Neels Steyn ·

Pres Barack Obama moet weet as die God van liefde uit die regering, universiteite, kolleges en skole geneem word gaan daar nie liefde wees nie, net die teenoorgestelde.

Strussbob ·

Kan jy glo dat irmand met n geweer beveel diegene wat Christene is -om op te staan- dat daardie jong lyfies dapper genoeg was om dit wel te doen ? Weet nie of ek sou kon nie…

SNEL ·

Praat jy darem nou, Strussbob, ons is altyd vinnig om te sê ons alles behoort aan die Here, tot Hy begin vat aan iets van ons, en ons is ook vinnig om te sê dat ons Hom nooit sal verraai nie, tot ons in daai situasie is….dan wonder ek wat sou mens gedoen het. Dis een ding om te praat, maar die doen; dis wat wys wie en wat ons regtig is en hoe sterk ons wortels in geloof geplant is. Wonderlik vir die wat wel gestaan het, absoluut wonderlik.

Ek wonder wat gaan met daai Amerikaanse kinders aan dat hulle geneig is om altyd so by skole , universiteite of kolleges los te trek en net te skiet. Hier is nou alweer soveel gesinne wat in hartseer gedompel is. Mens se hart gaan uit na hulle.

pop ·

Presies wat mens kan verwag van Obama. Vra dat die wapenwet hersien word. Intussen stoom die ongelowige vlugtelinge sy land binne. Weereens faal n regering sy mense. Ek dink die burgers daar kan hulle hare by die tyd met tange uittrek. Maar wat het die mense destyds gese, hulle is moeg van Bush se gedurige gebid met elke geleentheid en krisis. Nou ja “I rest my case”

jacques ·

Die Amerikaaners word mislei deur die mass shootings van hulle.Die goverment wil net hulle wapens afvat sodat hulle hulpeloos moet wees,en nie teen hulle evil goverment kan opstaan nie.
Hulle gaan marsial law instel daar kyk wat ek se vandag.

Winston ·

Obama ek wens jy kon afrikaans verstaan. Guns don’t kill people. People kill people. Soek die fout by die mense wat jy so om arm en verwelkom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.