Nege lede van een familie, ses van hulle kinders, is vermoedelik dood toe Amerikaanse magte Sondagaand ʼn lugaanval op ʼn voorbereide motorbom in Kaboel in Afghanistan uitgevoer het.
Die jongste burgerlike wat in die aanval dood is, was maar twee jaar oud, het die broer van een van die oorledenes aan ʼn plaaslike joernalis, wat saam met CNN werk, gesê.
“Hulle was ʼn gewone gesin. Ons is nie [lede van] die Islamitiese Staat nie en dit was ʼn familiehuis waar my broers saam met hul gesinne gewoon het.”
Die bure sowel as getuies van die hommeltuigaanval het ook aan CNN gesê verskeie mense is dood, onder wie kinders.
“Al die bure het probeer help en het water gebring om die vuur te blus. Ek het gesien dat daar vyf of ses mense dood is,” het ʼn buurman gesê.
ʼn Ander buurman vermoed dat daar moontlik tot soveel as 20 mense dood is.
Die VSA het reeds toegegee dat die aanval moontlik die lewe van burgerlikes geëis het, berig die BBC.
“Ons weet dat daar aansienlike en kragtige daaropvolgende ontploffings was weens die vernietiging van die voertuig, wat dui op ʼn groot hoeveelheid plofbare materiaal in [die voertuig] wat moontlik tot verdere sterfgevalle gelei het,” het kapt. Bill Urban, woordvoerder van die Amerikaanse sentrale kommando, in ʼn verklaring gesê.
“Ons sal diep bedroef wees oor enige onskuldige lewensverlies.”
Volgens Urban is dit egter nog onduidelik wat moontlik gebeur het en verdere ondersoek word ingestel.
Plaaslike media het Maandag verskeie video’s en foto’s gedeel waarin daar gesien kan word hoe rook oor ’n residensiële buurt in Kaboel hang en hoe ʼn motor in ʼn straat brand.
Maroela Media het vroeër berig vuurpyle is Maandagoggend op die lughawe in Kaboel afgevuur. Geen sterftes of skade aan die lughawe is egter aangemeld nie en ontruimingsoperasies gaan voort.
Alle Amerikaanse troepe moet Dinsdag amptelik uit Afghanistan wees ingevolge pres. Joe Biden se sperdatum van 31 Augustus. Die laaste ontruimingsvlug uit die land vertrek ook dan.
کابل – گواهان رویداد میگویند چندین موشک با استفاده از یک موتر از منطقه خیرخانه به سمت فرودگاه کابل شلیک شده اند.
تاهنوز از تلفات و خسارات جزییات در دست نیست.#ArianaNews pic.twitter.com/3mKXLsV3Eg
— Ariana News (@ArianaNews_) August 30, 2021
Biden het één ding op sy brein en dit is om te LYK of hy in beheer is. Hy’s LANK AL nie meer nie.
En het die weermag geen leiers nie?
Hoe werk jy dit uit dat Biden nie in beheer is nie?
Hoeveel sterftes het hulle verhoed deur die operasie waarin hulle suksesvol die motorbom geneutraliseer het? Kollaterale skade