Nege olifante in frats doodgeskok

Argieffoto

Nege olifante is tydens ʼn fratsongeluk in die sentrale deel van Botswana naby die Dukwi-nedersetting doodgeskok.

Otisitswe Tiroyamodimo, direkteur van Wild en Nasionale Parke, het aan Reuters gesê die olifante is dood nadat hulle oorhoofse kragdrade omgestamp het terwyl hulle gestoei het om water uit ʼn lekkende pyp te drink. Die pyp word gebruik om water aan die plaaslike inwoners te verskaf.

“Die ondersoek is nog in ʼn vroeë stadium, maar wat ons tot dusver kon vasstel is dat die olifante water gedrink het uit die lekkende verskaffingspyp. Die olifante is dood toe hulle die oorhoofse kragdrade omgestamp en dit in die poel water geval het,” het Tiroyamodimo gesê.

Botswana het ʼn olifantbevolking van tussen 150 000 en 200 000, afhangend van die migrasieseisoen. Olifante vermy mense normaalweg, maar beweeg soms in Botswana, wat oor die algemeen ʼn droë land is, nader aan nedersettings op soek na water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chevy ·

Olifante bly pragtige diere en dis verskriklik wat gebeur het, dwarsoor Afrika heers droogte en dan vind die diere bietjie water en dan eindig hulle lewe so.

Theresa ·

Lekkende water pyp. MAAK REG die ding – water in Afrika is skaars. Dan was die olifante nog lewendig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.