Negejarige kindergenie vang al sy eerste graad

Laurent Simons (Foto: Laurent_Simons/Instagram)

ʼn Negejarige seun sal aan die einde van die jaar die jongste gegradueerde ooit word, en die wêreld se topuniversiteite is gretig om hom te werf.

Laurent Simons het ʼn IK van 145 en sal in Desember by die Eindhoven- Universiteit van Tegnologie sy graad vang in elektriese ingenieurswese.

Laurent is half-Nederlands en half-Belgies en woon in Amsterdam. “Ek wil graag na Kalifornië toe gaan, die weer is lekker daar,” het hy aan die Telegraph gesê oor sy planne om sy PhD-graad te doen.

Alexander (37), ʼn tandarts in België, reken egter dat Oxford waarskynlik sy seun anders sal kan oortuig. “Oxford en Cambridge is ook topuniversiteit en dit is natuurlik baie meer gerieflik vir ons,” het hy gesê.

Laurent se ouers en grootouers sal om die beurt by hom woon as hy besluit om in die VSA te gaan studeer.

Professore van Amerika se topuniversiteite het reeds huiswerk vir Laurent gestuur ná hulle informele onderhoude oor Skype met hom gevoer het.

Een van Laurent se mentors, ʼn Switserse professor in wiskunde, het ook aan Oxford studeer. John Wilkes het gesê dit was ʼn vreugde om Laurent se leermeester te wees. “Hy was baie gebalanseerd. Hy kon in enige oomblik ʼn kind en ʼn volwasse wees. Ek het hom geleer toe hy ses jaar oud was, en toe het ons reeds wiskunde gedoen wat op 16-jariges se vlak is.”

Laurent het in Maart met sy universiteitstudies begin en is, ná net nege maande, byna klaar met die driejaargraad. Hy het groot planne om eendag kunsmatige organe te vervaardig en wil graag spesialiseer in robotika.

Die vorige jongste gegradueerde was Michael Kearney, wat in 1994 as 10-jarige aan die Universiteit van Alabama graad gevang het.

Volg Laurent op sy Instagram-rekening
Lees ook: CNN, University Herald, NY Daily News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Koos ·

Die Michael Kearny wat as 10 jarige graad gevang het aan die Universiteit van Alabama in 1994 –

Wat het hy nou al bereik in die 25 jaar tot nou in 2019 in sy studie rigting?

Verskaf meer inligting oor sy behalings en prestasies na die teoretiese graad vang prestasie – dit is tog mos hoekom mense aan univesrsiteite studeer, nl. om hulself te bekwaam om meer suksesvol in die lewe te kan wees, of hoe?

Leon ·

Michael Kearney is nou ‘n ‘improv comedian’ volgens wikipedia. So nie veel bereik nie.

Lizelda ·

Goeie vraag Koos. Ek sal ook wil weet. Hoe pud is hulle as hulle begin werk? Brand hulle nie uit nie?

Koos ·

Wikipedia –
“In 1994, 10-year-old Michael Kearney graduated from the University of South Alabama with a degree in anthropology. The feat earned him Guinness World Record certification as the World’s Youngest College Graduate, a title he still holds.May 29, 2018
Institution: University of South Alabama”

Gradueer in Volkekunde in 1994 – nou nie juis ‘n rigting waarin mens veel kan bereik nie !!!

Verdere studie behalings volgens Wikipedia –
Master’s degree in chemistry, Middle Tennessee State University (age 14)
Master’s degree in computer science, Vanderbilt University (age 18)
Ph.D in Chemistry, Middle Tennessee University (age 22)

Bennie Boekwurm uit-en-uit hierdie Michael mannetjie.

Hy ken die “tricks” om op te neem en te weergee soos ‘n spons water opneem en weer uitlaat onder druk – of so klink dit.

bokke ·

Wel , nie in Chemie en ander natuur wetenskappe nie. Daar moet jy dink, dis nie soos geskiedenis wat jy soos ‘n papegaai kan leer nie. Dis ‘n kwessie van verstaan, opneem soos ‘n spons gaan niks help nie.

Hb ·

Met al mMichael se baie grade het hy nog niks eintlik gedoen( bereik) ni. Hy’s n komediant of iets. Ek dink hulle is so slim hulle ly maar n vervelige lewe. Di geleerdery is al opwinding wat hulle het

Adslen ·

Wat het geword van net kind wees…? Als goed en wel die mannetjie is begaafd… Maar wat van net kind wees..? Laat hom skool klaar maak saam sy maats en dan verder studeer.
Nou gaan hy universiteit toe en daar is niemand in sy ouderdoms groep nie…

Pampoen ·

Google Kearney – Doktorsgraad in Chemie op 22. Hulle sê nie wat hy sedertdien gedoen het nie. Die vermoe om te studeer en om toe te pas is nie dieselfde ding nie. Dit is baie bekend dat daar baie suksesvolle mense was wat nie met die akademie die mas kon opkom nie – en omgekeerd. Ek dink die prestasies van die jongmense is in elk geval uitstekend.

Ek is Sam ·

Wel, ek tuisskool my kinders. Oudste twee is 28 en 25 en die jongeres wat nog skool, is 17 en 15 … My 23ste jaar van tuisskool is so te sê agter die rug. Daar is voordele daaraan as jou kind sy skoolloopbaan op 8-jarige ouderdom afhandel … Ek sou dan 10 kinders wou gehad het! ????

Jimmy ·

12 jaar op skool is tydmors. Dit verskaf net werk vir onderwysers wat dink hulle weet als, maar eintlik voeter hulle kinders op. Net ‘n geldmaak storie.

Sê net ·

Sê Jimmy nadat die die onderwyser hom geleer lees en skryf het…Elke mens word onderrig…selfs die klein genie het ‘n onderwyser. Jimmy wees dankbaar vir wat jy gekry het.

JohanR ·

Haai….as ons net soe paar van die outjies in beheer van Eskom en SAA gehad het!! Haai….as ons net soe paar paddas in beheer van Eskom en SAA gehad het!! Haai….as ons….

Denise ·

van harte GELUK en baie Seen vorentoe, vir jou jonge Laurent Simons! WOEKER MET JOU TALENTE TOT SY EER

Wielspore ·

Dit is nogal waar dat party mense en kinders wat akademies bo gemiddeld is nogal sukkel om daaglikse take te verrig. Hierby ingesluit is sport, winkel toe gaan en goedere koop, klas loop met ouer persone, omdat die jong kinders nog nie emosioneel opgewasse is, onthou van hulle is so jonk soos 9 jaar.

Judge Dredd ·

…….en miskien omdat ‘n 9 jarige gaan sukkel om teen ‘n 20 jarige in Rugby te kompeteer.

TwaalfBoor ·

Jammer om te sê, maar ek sien nie ñ toekoms vir die kind nie. Onteendeel ek kry die arme kind jammer.

Sanna ·

Volgens die IK toetse is myne 140, maar het nie juis veel bereik nie, so solank mens gelukkig is en die nou paadjie kan stap behoort mens die lewe te oorleef.

Akkedis ·

Jy doen die verkeerde toetse…. Jy klink my meer soos ‘n 100

jaco ·

In SA kan jy veel beter jobs kry sonder dié kind se genialiteit en hoë IK. Jou velkleur moet net “reg” wees volgens vereistes van regstellende aksie en BEE. Ek kan nie verstaan waarom meer as 7 miljoen Suid-Afrikaners, meeste MET die “regte” velkleur, dan werkloos is nie.
Regstellende aksie en BEE behoort dit eintlik vir dié met die “regte” ras uiters maklik te maak om werk te kry.
Ek sidder net vir die dag wanneer een van daardie regstellende aksie aangestelde werkers by eskom se Koeberg kragstasie die verkeerde knoppie druk en 4 miljoen mense in Kaapstad dan dadelik deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word.

an ·

Begaafde individue verander die wêreld tot ALMAL se voordeel.

Groepies skrander en gemotiveerde individue was nog altyd in beheer van die wêreld …

…. en sal altyd wees!

bokke ·

Beslis. Vir my is hierdie uiters begaafde mense ‘n geskenk van God aan die mensdom.

Leon ·

Die vraag is verstaan hy werklik wat hy leer. Ek dink hy is ‘n menslike bandmasjien. As hy voor ‘n werklike probleem kom, gaan hy vasbrand. ‘n Graad is net akademie. Hy het geen praktiese kennis nie. Hy sal net goed wees om voor ‘n klas te staan en weer te gee wat hy geleer het. Jy kan hom nie in ‘n elektronie maat skappy gebruik nie.

bokke ·

Daars geen manier dat ‘n persoon ‘n graad in elektroniese ingenieurswese kan behaal sonder om te verstaan wat hy geleer het nie. Onmoontlik, dis nie ‘n graad wat net met papegaai-kennis geslaag kan word nie.

Rossi ·

Well done jongman. Al wat ek wil weet is het die arme kind ooit tyd gehad om kind te wees?

Meraai ·

nee wat so lief vir leer is ek nie, ek hou van met my hande werk. So doen elke ou sy eie ding. Maar baie geluk aan die jong man

Frans C ·

Ja ek was ook al baie ‘n genie in my jonger dae-‘n genie om nie.

Lou ·

Daai som op sy witbord, se antwoord is verkeerd …………..LOL

JohanR ·

Eh het vir Zuma gebel om te hulp met die som regmaak!!!!! En daar lag ek alweer soe lekker, ek val van my stoel af!!!

Ja swaer ·

En hoe weet hulle (die eksaminators) dat die M en D grade van hierdie kinders hulle eie werk is? Dis waarskynlik 90% deur hulle mentors geskryf. Sal graag wil sien hoe verdedig so ‘n kind sy navorsing voor ‘n akademiese paneel van kenners. Mens kan ongelukkig nie ervaring koop nie en op 10 of 12 het jy geen ervaring nie behalwe van boeke en die internet miskien. So jou praktiese pragmatiese inslag is omtrent zero. Dit maak die M en D graad wat jy op 14 of 22 jaar verwerf, ‘n klug en waarskynlik deur ‘n ervare akademikus/ navorser geskryf. Almal hou van ‘n wonderkind en so aan maar die realiteit hiervan. Ek kan nog glo dat hy/sy tot op B vlak kan verstaan, maar is maar baie liugtig vir M en D navorsing wat kwansuis op so ‘n jong ouderdom geproduseer is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.