Negejarige vas ná sy haar sussie slaan

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Negejarige meisie is in hegtenis geneem nadat haar ma die polisie ontbied het toe sy haar jonger sussie geslaan het.

Andrea Stumpf, die ma, het aan Indianapolis-polisiebeamptes gesê die meisie het haar sesjarige sussie met haar vuis teen die kop geslaan, berig Fox59. Die ma het selfs ʼn video van die voorval met haar selfoon afgeneem en aan polisiebeamptes gewys.

Rafael Diaz, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte op die toneel het besluit om die kind in hegtenis te neem. “Dit is baie sleg en geen beampte wil ʼn kind in hegtenis neem nie, maar dit is nie ongewoon nie,” het Diaz bygevoeg.

Die jeughof sal nou bepaal of die kind aangekla gaan word of teruggestuur word huis toe. Volgens die metropolisie bied so voorval die ouers gewoonlik toegang tot die dienste wat hulle benodig om ʼn kind te beheer.
13 WTHR Indianapolis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

chris van Heerden ·

Dit is nou belaglik watse ma is dit wat die polisie bel as kinders baklei? Hulle moet die ma eerder in ’n gestig sit ek dink dit is waar sy hoort.

estelle opperman ·

dit gebeur omdat daar geen disiplinne afgedwing word nie waar in die verlede het jy gehoor van n ouer wat die polisie moet bel oor kinders wat baklei – net daar en dan moes hy haar n helse pakslae gegee het –

Hanno Visagie ·

Die SA antichris-humaniste probeer gedurig om lyfstraf deur ouers te laat onwettig verklaar. Is dit nie reeds die geval in Amerika nie?

snip ·

In die Woord staan: Tug die een wat jy lief het en ook staan daar buig die boompie

Shannon ·

Hier’s meer aan die gang as blote media sensasie. Die jonger suster het die ouer suster se pop onthoof. Die ma het toe gehelp om die reg te verydel deur die gru daad te probeer verberg. Dit wil nou ook voorkom dat die ma `n geestelik versteurde is.

Paplepel ·

Onthou die kind se van. Ons gaan weer van haar hoor. Al die tekens is reeds daar.

pop ·

Met haar mal kop het sy waarskeinlik die kind n guns gedoen deur die polisie te kry. Altwee daai kinders moet weg by haar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.