Nepal-aardbewing: Dodetal styg steeds

'n Historiese gebou wat weens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

‘n Historiese gebou wat weens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

Die kragtige aardbewing wat Nepal Saterdag getref het, het lewensverlies in vier lande tot gevolg gehad, eeu-oue tempels vernietig en selfs ʼn sneeustorting op Everest veroorsaak.

Volgens die polisie in Nepal is minstens 876 mense in die land dood. In Indië is 20 mense dood, ses in Tibet en twee in Bangladesj. Die dodetal sal na verwagting nog verder styg.

Die aardbewing met ʼn magnitude van 7,8 het kort na middagete plaasgevind. ʼn Naskok met ʼn magnitude van 6,6 het sowat ʼn uur later gevolg. Die aardbewing het sowat 80 km van Nepal se hoofstad, Katmandoe, op ʼn diepte van 11 km voorgekom.

Katmandoe se internasionale lughawe is na afloop van die aardbewing gesluit. Die aardbewing het ook ʼn sneeustorting op Everest tot gevolg gehad. Minstens agt mense is dood en 30 beseer.

Klik hier vir vorige berigte oor die aardbewing op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

San-Marie ·

Dit is baie tragies. “Magnitude” is Engels in Afrikaans praat ons van grootte.

JoeV ·

Sien al die kommentaar is net so bekommerd as ek oor die “magnitude” besigheid, is eintlik “omvang” of “grote”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.