Nepal-aardbewing: Tientalle dood

'n Gebou in Katmandoe wat deur die aardbewing beskadig is. Foto: Zhou Shengping/Xinhua via AP

‘n Gebou in Katmandoe wat deur die aardbewing beskadig is. Foto: Zhou Shengping/Xinhua via AP

Minstens 78 mense is dood in die aardbewing wat Nepal en naburige lande in Suid-Asië Saterdag geruk het.

Nepal se departement van binnelandse sake het aangekondig dat minstens 71 mense in dié land dood is. Talle mense is beseer. Volgens berigte is minstens twee mense in Bangladesj dood en 100 beseer. Minstens vyf mense, insluitend twee kinders, is in Bihar in Indië dood.

Intussen word daar ook berig dat ʼn sneeustorting naby die Everest-basiskamp voorgekom het weens die aardbewing. Dit is nog nie duidelik of daar enige sterftes of beserings was nie.

ʼn Aardbewing van 7,9 op die momentmagnitudeskaal het Saterdagoggend sowat 80 km van Katmandoe, die hoofstad van Nepal, voorgekom.

Minstens 12 mense is dood nadat ʼn historiese negeverdiepinggebou in Katmandoe ineengestort het. Die Dharara-toring wat in 1832 gebou is, is heeltemal verwoes.

Inwoners is gemaan om buite hul huise te bly aangesien nog naskokke verwag word. Reddingspanne is intussen ontbied.

Bronne: ANA-AP, ANA-Xinhau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.