Nepal-dodetal kan nog skerp styg

Nepalese vroue treur oor die afsterwe van hul familielede tydens die aardbewing in Nepal Foto: Adam Ferguson vir Time

Nepalese vroue treur oor die afsterwe van hul familielede tydens die aardbewing in Nepal Foto: Adam Ferguson vir Time

Duisende beseerde Nepalese wat vasgekeer is in afgeleë gedeeltes en kwesbaar is vir infeksie en komplikasies, kan moontlik tot ʼn skerp styging in die dodetal lei.

Die land beleef ʼn mediese krisis oor die duisende beseerde pasiënte wat ver van die hospitale in Katmandoe is.

Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, het gesê hy verwag ʼn toename in die hoeveelheid pasiënte sodra helikopters, wat hulp verleen aan die dorpe wat in die berge geleë is, persone begin ontruim. “Die helikopters kon nog nie die persone bereik nie en ek is bekommerd dat nog meer persone sal sterf weens siektes en komplikasies as tydens die aardbewing. Dit is ʼn groter ramp as die een wat die land reeds beleef het,” het Sooliman gesê.

Hy het verduidelik tipiese beserings ná ʼn aardbewing kan gewoonlik binne 48 uur aangespreek word, maar toegang is hier ʼn probleem. “Mense kan nie van die berge af kom nie en die mediese spanne kan nie opgaan nie. Ons is gereed vir die invloei van pasiënte en ek hoop ons mediese span is gereed om so veel as moontlik pasiënte te sien, omdat ons goed voorbereid is.”

Volgens Sooliman is tot 14 000 mense beseer. “Selfs onder normale omstandighede moet hierdie persone oral heen loop, omdat die paaie onbegaanbaar is. Na só ramp is daar moontlik duisende mense wat glad nie by ʼn hospitaal kan uitkom om dringende mediese behandeling te ontvang nie. Sewe dae is reeds verstreke en die groot gevaar is dat talle persone weens sepsis sal sterf. Hulle sal moontlik gangreen kry en aan hul beserings beswyk.”

Die amptelike dodetal staan reeds op minstens 6 621.

News24 reis saam met die span van Gift of the Givers.

Lees alle vorige berigte oor Nepal op Maroela Media. 

Bron: Jeff Wicks in Katmandoe, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.