Nepal-dodetal meer as 4 700

'n Gebou in Katmandoe wat tydens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

‘n Gebou in Katmandoe wat tydens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

Die amptelike dodetal in Nepal het Woensdag die 4 700-kerf verbygesteek en 1 448 sterftes is in Katmandoe aangeteken.

Daar was meer beweging op die strate nadat mense, wat dae lank in vrees vir naskokke geleef het ná ʼn M7-skok die land Saterdag getref het, uit hul skuilings gekom het om noodsaaklikhede te koop of werk toe te gaan.

“Ons moet kos en ander dinge nou koop, net om voorbereid te wees,” het Chejum Gurung gesê. Sy versorg ses kinders in ʼn buurt in Katmandoe en hulle kamp op haar erf. “Dit voel nog steeds of die grond bewe. Miskien is dit net my bene.”

Mense staan honger en koud rond en kla dat die regering se hulp hulle nog nie bereik het nie.

Lees alle vorige berigte oor Nepal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.