Net enkele dae oudste persoon ter wêreld

Getrude Weaver. Foto: Danny Johnston/AP

Getrude Weaver. Foto: Danny Johnston/AP

Gertrude Weaver (116) van Amerika wat op 1 April vanjaar die oudste persoon ter wêreld geword het, is in ’n versorgingsoord in Camden, Arkansas, oorlede.

Sy het die kroon as oudste persoon oorgeneem toe Misao Okawa (117) van Japan onlangs oorlede is. Lees meer hier.

Weaver was blykbaar heel bewus van haar nuwe status, en het haar hoë ouderdom aan haar vriendelikheid en die feit dat sy feitlik haar lewe lank vir haarself moes kook toegeskryf. Sy het ook te kenne gegee dat sy graag pres. Barack Obama op haar 117de verjaardag sou wou ontmoet.

Die persoon wat nou die oudste ter wêreld is, is ook ’n Amerikaner. Jeralean Talley (115) van Detroit is op 23 Mei 1899 gebore. Sy sal heel moontlik die laaste persoon wees wat die titel van oudste persoon dra, en terselfdertyd in drie verskillende eeue én twee millennia geleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.