Netflix het Dinsdag aangekondig hy het sowat 200 000 kykers in die eerste drie maande van die jaar verloor. Dit is die eerste keer in meer as ʼn dekade wat dié stromingsdiens se aantal intekenare gedaal het, pleks van styg. Die stromingdiens oorweeg dit nou om bykomende inkomste deur advertensies te verdien.
Die diens spog steeds met meer as 220 miljoen intekenare wêreldwyd.
Die daling in kykergetalle volg nadat Netflix hom aan Rusland onttrek het en pryse in sleutelmarkte, insluitend die VSA en die Verenigde Koninkryk, verhoog het.
BBC berig die diens verwag dat hy nog sowat twee miljoen kykers in die volgende drie maande kan verloor.
Netflix het verlede maand gesê hy wil ʼn stokkie steek voor rekeninghouers wat hul wagwoorde met mense buite hul huishoudings deel. Dit is om druk op die nuwe lede te plaas om aan te sluit om só sy kykergetalle te laat styg.
Die diens skat dat meer as 100 miljoen huishoudings sy reëls oortree deur wagwoorde te deel.
In ʼn brief aan aandeelhouers sê Netflix ʼn toename in intekenare wat hy tydens die Covid-19-pandemie beleef het, het ʼn “verwronge prentjie” geskep, berig BBC. Volgens die diens het sy inkomstegroei sedertdien aansienlik gedaal.
“Dit is weens die wagwoorde wat rekeninghouers met mense buite hul huishoudings deel, gekombineer met streng mededinging, insluitend Amazon,” het die diens gesê.
CNBC berig Netflix wil op advertensies begin fokus om inkomste te verdien. Volgens die diens is dit redelik duidelik dat advertensie-ondersteunde dienste vir Disney en HBO werk.
En die rede vir dit? Presies wat Elon Musk ook gesê het: Woke Mind Virus Is Making Netflix Unwatchable
as hulle begin met advertensies sê ek vir hulle ook tata
Hulle moet soos DSTV maak en die pryse opstoot totdat daar eendag net 5 kykers oor is wat elk R10 miljard per maand betaal.
DSTV- nuwe Repeats….
Go woke, go broke. Die libs gaan maar op die harde manier moet leer.
Netflix het mý laaankal verloor. Kort op DSTV se hakke. Die dekodeerder se hardeskyf doen nou diens in my sekuriteitstelsel. So agtien maande gelede het hoofstroom media ook gegroet. Ek bederf nou my gesin met al daai geld. Daar is genoeg skinderbekke wat my op hoogte hou van “wereldgebeure”.
Ek kan soveel meer doen met R1000 se Fiber internet as wat ek met DSTV “Premium” kon.
En daar verloor hulle almal…
NOFLIX . Kinders kan weer dambord saam met hul ouers speel .
Koop vir jou familie ‘n snoekertafel ASSEBLIEF. Niemand hou van dambord nie.
Ek oorweeg ook om hul (en Amazon Prime ook) te verlaat, hul vloek darem maar vreeslik in die stories met laster wat ook oral kop uitsteek en daar is nie n opsie om dit uit te sny soos in die goeie ou dekodeerder dae nie. OMG dit en OMG dat, ons as Christene moet nie tevrede wees daarmee nie.
Dit gaan nie net oor Rusland nie. Hulle het woke gegaan en daar is nie rerig iets om na te kyk nie. Veral nie in Suid Afrika nie.
Ek kan nie sê dat ek enigsins simpatie met hulle het nie. Stromingsdienste is hoofsaaklik die rede dat video winkels nie meer bestaan nie. Duisende winkels, sommige eenman besighede, het onder gegaan. En baie mense het hulle werk verloor.
As hulle ophou om so te laster in die films sal dit ook verseker beter gaan.
Ek stem! Ek wonder of hulle dit beskou as ‘n moet om so te praat in al wat ‘n prent is? Dit is skandelik! Ek en my gesin sit baie vinnig ‘n prent af as dit so laster, met die gevolg is dat daar regtig nie veel is om te kyk nie.
As hulle advertensies wil instel dan groet ek ook
Op hierdie staduim verskaf ons uiteenlopende familie genoegsame kykgenot en humor, dit is nie nodig vir Netflix.
As ek nie mis het nie, was dit Netflix wat so paar maande gelede studie beurse vir slegs nie blanke studente gegee het. Karma haal julle nou in.
as hulle met dit gaan begin, gaan ek groet. Daar is reeds sulke afgewaterde programme op.. ek het net ‘n klein bietjie aansporing nodig..
As mens na getalle kyk, is hulle baie gulsig?
Advertensies gaan meer mense wegjaag. Dit gaan so erg soos die sabc word.
Mens hoef nog nie te betaal om te gaap nie. Hoekom vir dié cheapies dit doen.
Ekt juis Netflix gekry om dat die ander kanale mens so irriteer met advertensies. Ek sal hulle ook vaarwel toe roep as hulle begin met advertensies!
Ek kyk glad nie Netflix of Showmax nie. Dstv staan op bewerige bene. Ek kyk net rugby en motorsport. Die dokumentêre en flieks wys hulle so baie dat ek al eksamen kan skryf daaroor. Mens moet kanale kan kies en net daarvoor betaal.