New York verban tatoes en lyfjuwele vir troeteldiere

Argieffoto

Argieffoto

New Yorkers sal eersdaags swaar beboet of selfs tronkstraf opgelê word indien hulle tatoeërmerke of lyfjuwele (piercings) op hul troeteldiere aanbring.

RT.com berig Andrew Cuomo, goewerneur van New York, het vroeër die week ʼn nuwe wetsontwerp onderteken wat binne 119 dae van krag sal wees. Volgens die nuwe wetsontwerp mag troeteldiere voortaan slegs in die teenwoordigheid van ʼn veearts en vir gesondheid- of identifiseringsdoeleindes gemerk word.

“Dit is dieremishandeling. Ek is trots daarop dat ek die wetgewing kon onderteken en vir eens en vir altyd ʼn einde kan bring aan die wrede en onaanvaarbare praktyke in New York,” het Cuomo gesê. Diegene wat die wet oortree kan tot $250 beboet word of tot 15 dae tronkstraf gevonnis word.

“Hoewel dit ondenkbaar is dat enigiemand hul hond of kat sal tatoeëer, wys ʼn vinnige internetsoektog dat dit ʼn groeiende tendens is onder sommige misleidende individue,” het Linda Rosenthal, ʼn lid van die New York-wetgewer, gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anne ·

Dankie daarvoor, moes lankal die wet ingestel het, dis ‘n skande hoe party diere verniel is met ‘juwele en tatoeering’ Dit moet regtig pynlik wees. Hoop die wet kan wereldwyd ingestel word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.