Nice-aanval: Isis aanvaar verantwoordelikheid

Die vragmotor wat in die aanval gebruik is. Foto: AP Photo/Luca Bruno

Die vragmotor wat in die aanval gebruik is. Foto: AP Photo/Luca Bruno

Die 31-jarige man wat minstens 84 mense se dood veroorsaak het in die aanval in Nice, Frankryk, is ʼn “soldaat van die Islamitiese Staat”.

Isis het in ʼn verklaring verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval. Die egtheid van die verklaring kon nie onmiddellik bevestig word nie, maar dit is soortgelyk aan die wyse waarop die organisasie die afgelope paar maande verantwoordelikheid aanvaar het vir verskeie aanvalle.

Die bestuurder van ʼn wit vragmotor het Donderdagaand op die promenade in ʼn groot skare, wat Bastilledag gevier en pas ʼn vuurwerkvertoning gekyk het, ingeploeg. Volgens BFM TV het die bestuurder vir sowat 2 km die vragmotor gebruik om in mense in te ploeg. Hy het ook op die skare losgebrand.

Mohamed Lahouaiej Bouhlel, ʼn Tunisiese burger wat in Nice gebly het, is deur die polisie doodgeskiet. Vier mense is intussen in hegtenis geneem vir hul beweerde bande met Bouhlel. Sy eksvrou is een van die wat sedert Vrydagaand in aanhouding is.

Wapens en handgranate is ook in die vragmotor gevind.

Die Franse president, Francois Hollande, het die noodtoestand in Frankryk met nog drie maande verleng na die dodelike aanval. Hy het ook ʼn routydperk van drie dae afgekondig.

In 2015 is 147 mense in terreuraanvalle in Frankryk dood. Intussen is 150 mense sedert die begin van die jaar in hegtenis geneem vir “terreuraktiwiteite”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zumie

As ek darem nou ‘n familielid van een van die oorledenes was sou ek ‘n mondvol gehad het vir die Franse regering wat die Moslems so inlaat…

elsja

Eugene dit wat jy se dra water

Eugene

Kobus veronderstel jy is n moslem. Lees nou wat Zumie se. Wat sal jou opinie van die opmerking nou wees? So maklik soos dit!

jaco

Europa is vol goed wat vir moslems sonde is.homoseksualiteit en die eet van verkleis is ok. En dis maar net 2 sondes wat die moslems nie van hou nie. Daars baie ander. Wanneer gaan die moslems besef dis hoe Europa wil lewe en dat die Europeers nie wil moslems word nie? Meeste van hulle is nie eens meer christene nie. Los die mense uit. Hulle hou van hulle sonde. Bly in julle eie lande waar islam wet is. Waarom nou van scratch af sukkel om meer as n biljoen zondige Europeers tot islam te bekeer? Dis mos nou logies dat… Lees meer »

Tiger

ISIS noem die man ‘n “soldaat van ISIS”.Eek noem hom ‘n skermunkel.Hy’s nie ‘n soldaat se agterwereld nie!Waar het jy gesien ‘n “soldaat ” vermoor ongewapende onskuldige mans vrouens en kinders goedsmoeds?Ag nee ISIS,julle dop die toets.Mag ons Hemelse Vader julle met vuur verdelg!