Nice-aanval: Isis aanvaar verantwoordelikheid

Die vragmotor wat in die aanval gebruik is. Foto: AP Photo/Luca Bruno

Die vragmotor wat in die aanval gebruik is. Foto: AP Photo/Luca Bruno

Die 31-jarige man wat minstens 84 mense se dood veroorsaak het in die aanval in Nice, Frankryk, is ʼn “soldaat van die Islamitiese Staat”.

Isis het in ʼn verklaring verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval. Die egtheid van die verklaring kon nie onmiddellik bevestig word nie, maar dit is soortgelyk aan die wyse waarop die organisasie die afgelope paar maande verantwoordelikheid aanvaar het vir verskeie aanvalle.

Die bestuurder van ʼn wit vragmotor het Donderdagaand op die promenade in ʼn groot skare, wat Bastilledag gevier en pas ʼn vuurwerkvertoning gekyk het, ingeploeg. Volgens BFM TV het die bestuurder vir sowat 2 km die vragmotor gebruik om in mense in te ploeg. Hy het ook op die skare losgebrand.

Mohamed Lahouaiej Bouhlel, ʼn Tunisiese burger wat in Nice gebly het, is deur die polisie doodgeskiet. Vier mense is intussen in hegtenis geneem vir hul beweerde bande met Bouhlel. Sy eksvrou is een van die wat sedert Vrydagaand in aanhouding is.

Wapens en handgranate is ook in die vragmotor gevind.

Die Franse president, Francois Hollande, het die noodtoestand in Frankryk met nog drie maande verleng na die dodelike aanval. Hy het ook ʼn routydperk van drie dae afgekondig.

In 2015 is 147 mense in terreuraanvalle in Frankryk dood. Intussen is 150 mense sedert die begin van die jaar in hegtenis geneem vir “terreuraktiwiteite”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zumie ·

As ek darem nou ‘n familielid van een van die oorledenes was sou ek ‘n mondvol gehad het vir die Franse regering wat die Moslems so inlaat…

Eugene ·

Zumie hoe so? Mens kan mos nie alle Moslems verantwoordelik hou nie.

Kobus ·

Wat Zumie sê is, ‘prevention is better than cure’. Hoe mens dit gaan voorkom weet ek nie, as jy jou hekke toemaak word jy as rasssis gebrandmerk. Maak jou hekke oop, stel veiligheidswagte aan, skerp jou intelligensie op, baie, baie, diefwering, vleigheidshekke, alarm, vermy winkelsentrums, groot byeenkomste. Wat nog? Dis die wêreld van vandag. Maar ons mag ons nie eenkant hou nie, dan sluit ons ander uit, dan word ons verskree. Is dit ons wêreld vandag?

Ek vra maar.

Eugene ·

Kobus veronderstel jy is n moslem. Lees nou wat Zumie se. Wat sal jou opinie van die opmerking nou wees? So maklik soos dit!

Ek ·

Ek is bevrees ek dink ook elke ou moet terug na sy geboorteland daar kan hulle mos hulle geloof uitleef soos hulle wil

Kobus ·

Hi Eugene, ek het nie ‘n idee wat in hul koppe aangaan nie, ook nie in ander gelowe se koppe nie, nie as sulke dinge die norm begin raak nie. As mens eers ‘n ‘tag’ om jou nek gekry het, is dit maar moeilik om daarvan ontslae te raak, dis wanneer veralgemening begin plaasvind. Ek, met my min kennis van wat mense tot sulke dade dryf, kan net glo dat dit beter sal gaan as daardie mense (moslems) voor in die tou sou staan om nie net die dade te veroordeel nie, maar leiding te meen om dit uit te roei.

jaco ·

Europa is vol goed wat vir moslems sonde is.homoseksualiteit en die eet van verkleis is ok. En dis maar net 2 sondes wat die moslems nie van hou nie. Daars baie ander. Wanneer gaan die moslems besef dis hoe Europa wil lewe en dat die Europeers nie wil moslems word nie? Meeste van hulle is nie eens meer christene nie. Los die mense uit. Hulle hou van hulle sonde. Bly in julle eie lande waar islam wet is. Waarom nou van scratch af sukkel om meer as n biljoen zondige Europeers tot islam te bekeer? Dis mos nou logies dat dit nooit sal werk nie.

Tiger ·

ISIS noem die man ‘n “soldaat van ISIS”.Eek noem hom ‘n skermunkel.Hy’s nie ‘n soldaat se agterwereld nie!Waar het jy gesien ‘n “soldaat ” vermoor ongewapende onskuldige mans vrouens en kinders goedsmoeds?Ag nee ISIS,julle dop die toets.Mag ons Hemelse Vader julle met vuur verdelg!

Kobus ·

Tiger, wat eerste in my kop gekom het, was dat die ou wat die aanval gedoen het, nie ‘n terroris was nie, ander goed het hom gepla, maar ISIS was vinnig genoeg om die daad te kaap as synde dit hul opdrag was. (Amerika het sonder om twee maal te dink die ou as ‘n terroris gebrandmerk.) Dit is hoeISIS en die ekstreme hulself bemark. Daardie ou het dalk ‘n veer vir ISIS gevoel, was dalk nie eens van hul bestaan bewus nie.

Cherokee ·

Interessant Kobus, dit was my onmiddelike gevolgtrekking ook.

Andre ·

Interessant dat ISIS (en hul ondersteuners) nie hul terrorsistiese bravades in Israel probeer nie. Hul speel die Wes-Europese lande soos n banjo, want hul weet rugraatlose liberales is in beheer. Daar sal dadels kom van elke terreurdaad, terwyl mense soos Hollande en Merkel dikteer. Probeer dit met Israel en kyk wat gebeur….

Kobus ·

Behoudendes. Waardes ens ens? Is dit nie wat Israel doen nie? En dan is hulle die vark in die verhaal.

Pastoor ·

Tiger wys jou net. Die lafaards is af die pad reguit oad hel toe

Kobus ·

Miskien is dit hoogtyd dat die wêreld weer gesuiwer word. China in die Chinese suidsee help ook nie, dit kan net erger raak. Dis ook China se arrogansie om hul wandade en opneuk van die see goed te praat wat pla. Hulle is die volgende gevaarlike Groot Beer (Rooi Beer?). En dan, ons is deel van die Bricks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.