Nice-aanval: Nog twee vas

Foto: AP Photo/Claude Pari

Foto: AP Photo/Claude Pari

Nog twee mense is Sondag in hegtenis geneem in verband met die dodelike terreuraanval in Nice, Frankryk.

ʼn Man en ʼn vrou is Sondagoggend in Nice in hegtenis geneem. Daar is geen besonderhede oor hul identiteit bekend gemaak nie. Die vyf ander mense wat in verband met die voorval in hegtenis geneem is, is steeds in aanhouding. Die aanvaller se eksvrou is glo een van hulle.

Die owerhede probeer intussen steeds vasstel of die aanvaller ʼn godsdienstige ekstremis was. Mohamed Lahouaiej Bouhlel (31) het laat Donderdagaand 14 Julie met ʼn wit vragmotor op die promenade in ʼn groot skare, wat Bastilledag gevier en pas na ʼn vuurwerkvertoning gekyk het, ingeploeg. Volgens BFM TV het die bestuurder vir sowat 2 km die vragmotor gebruik om bo-oor mense te ry. Hy het ook met ʼn wapen op die skare losgebrand.

Die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar, maar Bouhlel se bande met die terreurgroep is nog nie bevestig nie.

Sagte speelgoed, blomme, foto’s, kerse en Franse landsvlae word intussen steeds by die Promenade des Anglais geplaas ter herinnering aan die slagoffers. Bloedvlekke in die pad word ook met blomme of sagte speelgoed bedek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Kom ek vra die vraag, ook nav die vorige berig en veral die Amerikaners se reaksie daarop, waarom word daar na 9/11, deur Amerika spesifiek, die blaam op ‘n terroris, of eerder terrorisme geplaas, so asof daar ‘n yslike sameswering was? Is die oorsaak nie eerder dat jou eie land se tekortkominge ‘n rol gespeel het, deurdat hulle die verwagtinge en aspirasies van hul eie inwoners versaak het nie??

En SA?

jaco ·

Hoe kom hierdie ISIS-soldate zo maklik in Europa in? Net vir n toeristenvisum moes ek hulle dan amper ALLES van my verlede, hede en toekoms weergee op die aansoekvorm. En selfs toe ek reeds die visum gehad het, is ek WEER intensief ondervra toe ek in Europa aangekom het.

Zumie ·

Jaco, jy moes net vanuit Algiers, Libie of Sirie in ‘n boot geklim het en SONDER papiere as ‘n vlugtelig afgeklim het soos die paar honderduisend ander Afrika inwoners………

Geen rompslomp… en hulle versorg jou dan nog…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.