Niemand sal sterf van honger nie, sê Mugabe

Argieffoto (Foto: markusspiske, Pixabay)

Argieffoto (Foto: markusspiske, Pixabay)

Pres. Robert Mugabe het glo Zimbabwiërs in droogtegeteisterde dele gerusgestel dat hulle nie van die honger sal sterf nie, en gesê dat hulpverleningspanne kos aan hulle sal voorsien.

Volgens The Chronicle het Cain Mathema, minister van provinsiale sake in Matabeleland-Noord, gesê Mugabe het hom gestuur om te sê dat hulle nie van die honger sal sterf nie. Mathema het sy toespraak gelewer tydens ʼn Zanu-PF verkiesingsveldtog in Tsholotsho voor die verkiesing op 10 Junie.

“Die president het ons gestuur om vir almal in dié dele, wat nie tydens die seisoen voldoende reën gehad het nie, te sê dat die regering nie sal toelaat dat julle aan honger sal omkom nie. Hy het gesê niemand sal van honger sterf nie,” het Mathema glo gesê.

Die hongersnoodnetwerk, Famine Early Warning Systems Network (Fewsnet) wat deur Amerika gefinansier word, het verlede week berig dat dele in die suide van Zimbabwe beduidende voedseltekorte hierdie seisoen gaan beleef.

Fewsnet het gesê van die huise in die afgeleë dele in die suide van die land het “bykans niks” vervaardig nie, gedeeltelik weens die laat reën en ʼn uitgerekte droë periode.

Indien voedselhulp nie beskikbaar gestel word nie, sal hierdie huishoudings moontlik reeds in Julie ʼn krisis beleef.

Joseph Made, minister van landbou, het egter gesê die land sal nie die droogte as ʼn nasionale ramp verklaar nie. Hy het gesê privaat meulenaars voer graan in en die regering sal aan die behoefte van die plattelandse bevolking voldoen.

Die BBC het Sondag berig die Zimbabwiese regering het internasionale hulp versoek in die lig van die voedseltekorte.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

chris ·

Die westerse mense sal seker maar weer vir hulle kos gee net om weer beledig te word agterna.

Franscois ·

Ja niemand sal sterf van die honger nie,mugabe is heel uitgeslape wat dit betref,net so voor jy jou laaste asem uitblaas gryp Rob gou n lepel vol pap en suur melk en stoot dit in die keelgat af,om jou net weer by te bring en dan sal hy se, sien “we shall provide”,meeste van daai mense is met amper niks tevrede en dit is wat ou Robbie baie van hou om dit te kan uit buit!

nico ·

Hoekom gaan hy nie self soontoe nie en kyk jammer om te se die anc doen dieselfde gee kos en hulp voor n verkiesing na dit word dit gestop en die westerse lande moet weer gee want hulle is mos die oorsaak van dit

zahn ·

Goeie opmerking Nico, ek wil nie klink soos ‘n suur ou nie, maar sjoe, leestekens asseblief? Dit lees nogal moeilik so, en die krag van jou stelling gaan verlore as mens dit nie ordentlik gelees kry nie. Niemand wil iets eers ontsyfer voor hulle dit verstaan nie? Ons moet dit genoeg doen met die huidige regering se gebabbel.

neelsie ·

Uncle Bob moenie bekommerd wees nie .
Die belastingbetalers uit die Suide sal sorg.
Mugabe verag witmense maar hulle geld is goed genoeg!!

jacques ·

Ja hy verag witmense so erg dat hy Rusland (wat 99% wit is) toe is vir 70 jaar herdenking van wereld vrede .Dit moes seker n verskriklike tyd vir hom daar gewees het met al daai witgesigte daar.Toemaar Bob ons bleekgesigte sal weer kos gee as dit opraak.

Willie ·

Voedselhulp….een oomblik trekhy tevelde teen die witmense as hy vir zumpies kom kuier en hy is nog skaars terug by sy huis dan vra hy weer hulp…hulp vanaf witmense…I rest my case…

Theresa ·

Dit wil ek nog sien. Ek is seker hy het dit gesê terwyl hy en sy verwaande vrou se tafel kreun onder die kos.

Adel ·

Hy is doodreg, hulle sal nie van honger omkom nie, want die wittes sal in oorvloed aandra van heinde en ver! Dan is die witman goed genoeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.