Nieu-Seeland sluit vir enkele virusgeval

(Argieffoto: pixabay)

Nieu-Seeland het Dinsdag ʼn drie dae lange inperking aangekondig nadat ʼn enkele Covid-19-geval in die land aangeteken is. Die nuwe koronavirusgeval is vermoedelik van die hoogs aansteeklike Delta-variant.

Die vlugtige inperking volg nadat die land vir die afgelope ses maande geen Covid-19-gevalle aangeteken het nie.

“Ons het gesien wat kan gebeur indien die verspreiding van die virus nie onmiddellik hokgeslaan word nie. Ons kan nie die kans waag dat dit elders heen versprei nie,” het Jacinda Ardern, die eerste minister van Nieu-Seeland, gesê.

Volgens Ardern sal Nieu-Seeland vanaf Dinsdagaand vir drie dae ingeperk word. Auckland en die omliggende gebiede sal egter vir ʼn week ingeperk word, aangesien ʼn 58-jarige man van dié stad vandeesweek positief vir Covid-19 getoets het.

“Hoewel die geval in Auckland geïdentifiseer is, is dit ʼn nasionale kwessie wat as sodanig hanteer moet word,” het Ashley Bloomfield, direkteur-generaal van gesondheid, gesê.

Nieu-Seeland het drastiese maatreëls ingestel, aangesien die oorsprong van die geval nog nie bekend is nie.

“Omdat die geval geensins verband hou met internasionale reise nie, is dit moontlik dat daar nog gevalle in en om Auckland kan wees.”

Delta-variant dalk in Nieu-Seeland

Nieu-Seeland is deur die loop van die Covid-19-pandemie geloof vir sy pogings om die koronavirus heeltemal uit die weg te ruim, eerder as om dit te bestuur.

Danksy dié benadering was dit nie nodig vir die land om vir langer as ʼn jaar inperkingsmaatreëls toe te pas nie en die alledaagse lewe kon normaalweg voortgaan sonder beperkings op sosiale byeenkomste. Slegs 26 Covid-19-verwante sterftes, in ʼn bevolking van vyf miljoen, is die afgelope jaar hier aangeteken.

“Die rede waarom Nieu-Seeland as ʼn voorbeeld gebruik word vir die res van die wêreld, is omdat ons voorheen soortgelyke strategieë suksesvol aangewend het,” het Ardern gesê.

Nieu-Seeland is een van die laaste lande wat die nuwe Delta-variant onder besoekers by die grens opgemerk het.

“Elke geval wat by die grens aangeteken is, was van die Delta-variant. Dié gevalle moes egter vir twee weke isoleer.

“Hoewel ons eers later kan bevestig of die nuwe Covid-19-geval wel van die nuwe Delta-variant is, kan ons aanneem dat dié variant ook in Nieu-Seeland teenwoordig is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Henri ·

Kom ons probeer weer.

Watter persentasie van Nieu Seeland se bevolking is al ingeënt teen COVID?

Francois ·

34.33% van Nieu Seeland se bevolking is al geënt waarvan 19.79% ten volle geënt is en 14.54% gedeeltelik (slegs 1 inspuiting). Dit in ‘n land wat tot dusver slegs 2936 gevalle en 26 sterftes aangeteken het. Volgens Worlometer is daar wel in die laaste 24 uur 10 nuwe gevalle aangeteken

Henri ·

Dankie Francois. Dit is interessant dat ons kla oor onbevoegde regering (ek is een), maar in SA is al 7miljoen mense geënt. Dit is 2miljoen mense meer as Nieu Seeland se totale populasie van 5miljoen.

Ek noem dit nie as ‘n antagonis nie, maar omdat ek nie verstaan wat aangaan nie. Ook is ek nie ‘n ati-vaxxer nie. Ek het al my eerste Pfizer inenting ontvang, en sal my tweede ook kry na 42 dae.

Inperkings laat my net verslae, want die uitwerking daarvan is baie naby aan die onluste en plundering op ‘n psigiese, morele en finansiële vlak.

Francois ·

Ek gaan self op 25/8 vir my tweede enting. Wanneer mens op Worldometer gaan kyk na die data van lande wat al reeds ‘n groot persentasie van hul bevolking geënt het is die afname in die aantal sterftes tydens hul 3de golwe verbasend. Baie lande se 3de golf was ook beduidende laer as die 2de golf. Engeland se 3de golf was interessant want die aantal positiewe gevalle was steeds hoog maar waar daar tydens die piek van hul 2de golf tot 1800 sterftes per dag was, was die hoogste getal sterftes op een dag tydens die 3de golf 140.

Francois ·

Interessante opmerking Dirk. Kan jy asseblief jou bron deel want as ek na die sterftesyfer grafiek van Suid Afrika kyk kan ek geen statisties betekenisvolle verskil sien tussen die tweede en derde golf se daaglikse sterftes nie en sover my kennis strek is Delta die hoof variant wat tans sirkuleer in die land.

Hendrik ·

Ek dink hulle het nie goed genoeg probeer nie. Hulle CV-19 rekord is skokkend!

Jack Russ1 ·

Wel hulle doen iets reg. Maar dit help ook as die reels wat in plek is toegepas word

Oros Soros ·

Baie maklik vir hulle om hul land afgesonder te hou. Daar is ook ‘n groot blou dam rondom NZ wat baie help.

Cryptogruppe ·

maak dit hoegenaamd enige ekonomiese sin? Wie finansier dit. Hoe bly die regering staande sonder inkomste?

Cryptogruppe ·

Perspektief. Die virus is so klein dat die deursnee 1/100 van haar se dikte is. Geen masker keer dit nie. Dit is so lig dat dit bly sweef in die lug vir lang periodes. Windstrome kan dit oor die ganse wereld versprei. Inperkings gaan niks help nie, en mag dalk net die virusladings BINNE huishoudings vergroot.

OW ·

Die doel van die masker is nie om virusse wat 1/100 ste van’n haardikte is, te keer nie.Die masker vang groter partikels op as daar samedromming van mense is wat hoes,nies of praat.Virusse kan slegs oorleef in lewende selle en kan nie oorleef deur met lugstrome oor die wêreld heen vervoer word nie.

JohanR ·

Ek is seker hulle het nie dom ANC kaders vir ministers nie, ‘n liegbek vir president, en ‘n nuttelose onder-president!

Moeilikheid ·

wel moenie dat Jacinda Ardern julle vlous nie sy is nie so cool nie. dink jy sy sal RSA op die selfde manier kan regeer , ek glo nie. onthou NZ se populasie is n fraksie van RSA. hulle soek maar net bietjie af want hulle het lanklaas n publieke vakansie dag gehad.

Hennie ·

Delta virus is daar! Geen keer meer nie, maak nie saak wat hulle doen nie….

Dirk Mostert ·

Ardern is Winde “light” of omgekeer. As een persoon die hele N.S. tot stilstand dwing, het Nieu-Seelanders die reg om te weet wie daardie persoon is. Tien-teen-een nog asimptomaties ook.

melW ·

Tans 21 gevalle en dit is die punt van die ysberg. Die Delta virus is hier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.