Nieu-Seeland verbied dié wapens na aanvalle

Eerste minister Jacinda Ardern. Foto: Kyodo News via AP

Nieu-Seeland se eerste minister het Donderdag aangekondig dat die land ʼn verbod gaan plaas op militêre semi-outomatiese vuurwapens en aanvalsgewere.

Eerste minister Jacinda Ardern het aangekondig dat daar met onmiddellike inwerkingtreding ʼn verbod op die koop van dié wapens is ten einde te keer dat dit opgaar waarna ʼn algehele verbod sal volg.

Volgens Ardern sal ʼn terugkoopskema ook van stapel gestuur word en kan dié vuurwapens nou onder ʼn amnestietydperk ingehandig word. Die stap kan Nieu-Seeland tot $140 miljoen kos.

Daar is nagenoeg 250 000 geregistreerde vuurwapeneienaars in Nieu-Seeland wat ʼn bevolking van vyf miljoen mense het. Daar is na raming sowat 1,5 miljoen vuurwapens in die land.

Ardern se aankondiging kom kort nadat die owerhede bekendgemaak het dat al 50 slagoffers wat dood is in die terreuraanval op 15 Maart op twee moskees in Christchurch, formeel uitgeken is.

Foto: AP Photo/Mark Baker

Die Australiër Brenton Harrison Tarrant is deur die polisie in hegtenis geneem in verband met die voorval. Die polisie het sy motor van die pad af gedruk terwyl hy glo na ʼn derde teiken op pad was. Tarrant het die aanval regstreeks op Facebook uitgesaai. Hy moet weer op 5 April in die hof verskyn.

Afskrifte van die ontstellende 17 minuut lange regstreekse video is ure lank ná die aanval aanlyn gesirkuleer.

Die regstreekse video wys ʼn man in kamoefleer- en swart klere wat na die Al Noor-moskee in Christchurch ry. Daar speel Serwiese musiek in die motor en verskeie outomatiese gewere kan op die passasiersitplek gesien word. Op een van die gewere staan ʼn naam, “Ebba Akerlund”, geskryf, ʼn 11-jarige meisie wat in 2017 tydens ʼn terreuraanval in Swede gesterf het.

Die man betree die moskee en ná hy minstens 24 mans in die gebou geskiet het, skiet hy minstens twee persone in die straat. Die video is verfilm in die styl van ʼn eerste-persoon-skieter-videospeletjie.

Hy keer terug na die motor om nog wapens te gaan haal en keer dan na die moskee terug. Die video eindig waar hy van die misdaadtoneel wegjaag en uit die venster van sy motor nog ʼn paar skote afvuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Andreas ·

Hoe voorspelbaar. Die NZ president het tot ‘n hijab gedra. Dis baie sleg wat gebeur het, maar die reaksie op dit laat mens wonder.

Buite Stander ·

En dan die siek reaksie van die Ozzie PM se reaksie nadat ‘n senator ‘n 17 jarige bygekom het wat ‘n eier op sy kop oopbreek. Indien die laatjie ‘n mes of vuurwapen gebruik het sou die PM seker gelag het.

Abe ·

willem Botha,
Nee. Sy is +/- 70% Engels, 20% Skots, bietjie Deens maar hoofsaaklik Europees van afkoms.

Tant Ralie ·

En nou skakel ons oor na Islamabad, Nieu Zeeland, vir kommentaar van die SuperRugby finaal tussen die Lions en die Ghazis, gelei deur Kieran Reid.

gatiep ·

Dit weet ek al net na die skietery dat dit sal kom.
Ken die global outjies al.

Annie Webb ·

Só voorspelbaar. Waar was die linkse media die afgelope jare in Europa terwyl radikale Islamiete terreur pleeg met messe, Europese en Britse meisies verkrag, en met voertuie in skares by Kersmarkte injaag? Is messe en voertuie verbied? Is radikale Islam veroordeel?

Liza ·

Christene kan nie kerke bou in Saudi Arabia nie. In sommige Arabiese lande word Christene gereeld aangeval en selfs vermoor. Geen haan kraai daaroor nie. Vreemde wêreld.

Hoc est bellum ·

If guns are outlawed, only outlaws will have guns.

Donderstorm ·

En die skieter wys nogals in sy hof foto n 666 teken laat mens wonder.

Werner ·

Ja en die skelms gaan natuurlik tou staan om hulle wapens integee ne liberales word nuttige idiote genoem der die komuniste ek wonder hoekom

Danie ·

No, People kill people:
People with knifes kill people.
People with cricket bat kill people.
People with spade kill people
People with cars kill people.
The list goes on and on.
When you have insane people walk about, they will use whatever ta their disposal to kill other people.

Fonnie ·

Ja die Nieu-Seelanders het darem nou iets om hulle vir ‘n dekade besig te hou

Abe ·

Fonnie,
Nieu-Seelanders het een van die mooiste en mees suksesvolle lande in die wereld. Die demokrasie by hulle werk regtig. Hulle eerste minister is een van die beste leierskapfigure wat die wereld nog opgelewer het (en so mooi!) Ons in SA kan maar net jaloers toekyk.

willem Botha ·

ABE ,jy bedoel seker naas Presedent Trump wat huidiglik die beste leier in die wêreld is ,jacinda gaan haar mense se regte wegneem om nie te praat van die geld wat beter aangewend kon word oor n paar muslim wat haar land wil oorneem.

Gys ·

En een van die lande met die slegste weer.
Ek sou sê Bhutan se prinses is aansienlik mooier.

Liza ·

Die koalisie regering in NZ staar ‘n krisis in die gesig. Die NP gaan binnekort weer oorneem.

Gerhard ·

NZ wissel tussen meer redelike regerings en malkoppies soos Adern.

M ·

Los NZ uit. Met krag krises wat beweeg na n sogenaamde “black star event” gaan julle moet begin opgaar. Tyd raak min mense …..

Zumie ·

Abe

Die “nanny state” is ‘n moderne vorm van die staat wat sy neus oral indruk en jou vertel hoe jy moet dink en praat en jou kinders opvoed en jou bestaan oorneem met hope reels en regulasies in teenstelling met die klassieke idee van die staat met beperkte magte en wat sy neus moet tuis hou uit jou besigheid.

Elize ·

Ek wens ek kan die logika van die besluit verstaan. Hoekom moet wetsgehoorsame burgers dan ALTYD aan die kortste ent trek. Ek hoop die burgers van NZ vreet dit nie vir soetkoek op nie en gee haar gas oor die kortsigte besluit.

M ·

Elize die probleme wat die wereld ervaar kan aan die voete van die LIBERALISTE gele word. Hulle is die wereld se grootste probleen

Chris ·

Voorspelbaar.
Dis so vinnig dit laat mens wonder of dit nie tog maar n false flag oefening was nie.

Gerhard ·

Ek het ook al hieroor gewonder, net die linkse malkoppies kry iets hieruit. Ek dink ook nie dit is te vergesog om te dink hulle sal so iets aanvang nie.

marous ·

Wapens maak nie mense dood nie . Mense maak mense dood . Of dit ‘n geweer of ‘n bom of ‘n mes of ‘n voertuig is , bly dit net ‘n instrument .

PJC ·

Die probleem is nie privaat wapenbesit nie maar wel swak besluitneming van hul liberale regering oor immigrasie wat mense bedreig laat voel. Hierdie probleem gaan nog in meer lande opduik veral in Europa wat tans oorspoel word deur ongewenste immigrante as gevolg van die Europese unie se onverstaanbare besluite. Hierdie immigrante is soos die runderpes en gaan mettertyd die lande waar hulle opeindig oorneem en vernietig.

Lord Oom Piet ·

Ek verstaan van NZ familie dat Jordan Peterson se hoogaangeskrewe boek, 12 Rules for Life, nou in NZ van die winkelrakke verwyder is. So much vir vryheid van spraak in daardie “demokratiese” land.

Hoe lank voordat rugby daar verban word agv sg “toksiese manlikheid”?

Willem Grobler ·

So – ‘n man met vuurwapens het mense doodgeskiet. Nou wil die NS regering vuurwapens verbied. Wat van mense wat ander met motors doodmaak. Wat van messe? Gaan hulle dié ook verbied? Ek gee nié my wapens af nie en klaar.

John ·

‘n Vreemde jong vrou, nogal met ‘n baba, wat hierdie pos wil beklee en kyk waarmee het sy te make. Die hubby maak seker huisskoon en voed die baba… Dit is nie net die godsdiensoorloè wat ‘n nuwe wending neem nie… of bly dìt dieselfde, net die mense verander. Moet ‘n land se leier sy godsdiens afsweer by inhuldiging om almal te please? Die slimste man wat ooit geleef het, het dit probeer en Salomo word deur sy Maker ‘n dwaas genoem.

Edd ·

Skieter gebruik automatiese geweer, kla verban, so wats die reaksie? Kom ons verban alle gewere. Julle eie statistiek wys dat jul nie eers beheer oor ‘n kwart van die wapens in die land het nie en nou dink jul die gan werk?! Spandeer eerder daai geld op jul mense se geestes gesondheid want dis waar die blerie probleem lê!

TN ·

En julle klomp banggatte reken dat dit die oplossing is om die mense te vermoor !? Moes die Hottentotte en Boesmans die Hollanders met die se aankoms hier nie ook almal vermoor het nie ?

Westerling ·

Dit is die Westerse mentaliteit, na elke geweldsmisdaad is die antwoord om hulself te ontwapen.
Soos die Romeinse ryk kom die wit Weste nou ook tot einde.

Waarheid ·

Is sy n moslem of het sy sopas moslem gedraai om “in” te wees?

Grysburger Pretoria ·

Ek raak elke slag bang as iemand skiet en onskuldige mense word gestraf deur hulle wapens te konfiskeer. As ‘n man is ek skrikkerig dat die owerhede besluit om alle mans te laat boet vir een of ander skurk wat vroue verkrag het.

Abe ·

Waarheid,
Nee, sy is nie n moslem nie. Sy dra net die hijab om solidariteit met die moslems in haar land te toon met hulle swaar verlies na die skietery by die moskee in NZ.

John ·

Hulle het probeer toe die nuus mettertyd hul oor bereik dat die Boere noord trek met vee. Waens is aangeval en vee weggevoer. As die witmense so wreedaardig was, sou daar nie vandag 60+ miljoen anderskleuriges in SA gewoon het nie. Selfs die Indièrs wat hierheen gebring is om op suikerplantasies te werk, is toegelaat om aan te bly.

Piet ·

As die VSA al jare terug dieselfde gedoen het, was daar nie nou steeds kort-kort ‘n geskietery op onskuldige kinders by skole en onskuldige mense in kerke nie. Hulle kan gerus gaan leer by Nieu-Seeland. Die menseregte van die slagoffers is nie minder belangrik as die regte van ‘n persoon wat ‘n geweer wil hê en dan nie verantwoordelik daarmee handel nie. Vir julle wat dink Trump is die beste president in die wêreld, gaan lees bietjie objektief watter effek hy op die wêreld en sy land het en nie net selektief wat jy wil raaklees nie. Hy is ‘n kluit wat hengse skade aanrig

Gerhard ·

Die VSA kan nie eers keer dat mense oor sy Suidelike grens kom en gaan soos hulle wil nie, hoe gaan hulle keer dat misdadigers wapens oor daardie grens invoer?

Deon ·

Piet, om die VSA met NZ te vergelyk is onregverdig. Die VSA het 320 miljoen inwoners, NZ slegs 4 miljoen. Vir een insident in NZ gaan daar 100 in die VSA wees. Die VSA is een groot land, plus Alaska en Hawaii. Die VSA het ‘n lang grens met Mexico wat beheer moet word om migrante van Sentraal Amerika te stop. Dan word wapens, plofstof, dwelms en onwettige sigarette ook ingesmokkel. NZ bestaan uit twee groot eilande, plus ‘n paar kleineres. Ongewenste elemente moet per see of lug inkom wat makliker beheer kan word. Die VSA grondwet gee inwoners ook die reg om wapens te besit.

Dries ·

Ek betwyfel hierdie vrou van NZ ze bona fides, sy klink na een van die linkses wat altyd verontreg voel as die Moslems iets gedoen word, maar sulke westerse leiers en ‘n groot deel van die hoofstroom media swyg as Christene mishandel en uitgemoor word in Arabiese lande en midde Afrika. Net laasweek is oor ‘n kort tydperk 120 Christene uitgemoor in Nigerië. Wat in Christchurch gebeur het keur ek af, maak nie saak wie dit is , moslems of nie, moord bly moord, maar mens moet verby die skynheiligeid kyk.

Leon ·

Godvresende Christene in Nieu Zeeland voel seker ongemaklik met hierdie Eerste Minister.

Dries ·

Gert – Jy slaan die spyker op die kop. Hulle is lief om die slagoffer mentaliteit te speel, maar self voel hulle baie keer min vir ander se regte. Net so ‘n week of 2 terug is ‘n klomp Christene in Nigerië vermoor. Die weste kruip by hulle, maar laat hulle vir hulle kry hulle wil mos kruip.

JJ ·

Verbeel jou dat na die volgende plaasmoord, Cyril Ramaphosa die gemeenskap besoek, na die naasbestaandes van die slagoffers luister, netjies en ietwat konserwatief aantrek volgens hul kerk se voorskrifte, sy meegevoel betoon en dan dadelik wetgewing instel wat dalk kan help om verdere plaasmoorde te verhoed. Die kommentators hier sal seker ook daardie wetgewing afskiet, vra of Ramaphosa dan nou skielik lid van die NG Kerk geword het, en hom veroordeel oor hy president is eerder as om by die huis te bly en kinders groot te maak. O, en hulle sal ook die regering veroordeel wat mense in die eerste plek toegelaat het om boere te wees want boerdery is immers die probleem, nie plaasaanvallers nie.

Waarheid ·

Wonder of Christene dieselfde getroos sou word indien daar n terroriste aanval op Christene sou wees?
Sou sy ook so agteroor gebuig het ?Hoveel Christene is nie al deur die moslem lande gedood deur hulle terroriste aanvalle nie.
Het nog nooit voorheen iets uit haar mond daaroor gehoor nie.
Het iemand anders dalk?

potlood ·

Daar is 57 moorde in SA elke dag.

Link:
https://www.google.co.za/search?ei=ZhSVXLaaJOXzxgPrubW4Bg&q=how+many+murders+in+south+africa+per+day&oq=how+many+musrders+in+s&gs_l=psy-ab.1.2.0i13l10.12620.18591..20426…1.0..0.434.7205.2-11j9j3……0….1..gws-wiz…….0i71j0i131j0j0i67j0i13i10j0i22i30.MW90OAAVAww

Daar is meer as 200 Christene in Nigeria vermoor in Februarie en Maart 2019.

Link:
https://www1.cbn.com/cbnnews/cwn/2019/march/2-islamic-groups-target-nigerian-christians-300-killed-while-72-others-supernaturally-saved-from-firing-squad

Nou is dit die Wapens se skuld…!!!
Ek se weer, as daardie mense wapens gehad het, sou daardie man nie ver gekom het nie… Hy sou def nie daardie aanval in VSA kon doen nie.

Waarheid ·

Jip en nou is almal stil na jou feite Potlood
Duitsland het so pas omtrent 10 moslems in hegtenis geneem wat n aanval op onskuldige mense beplan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.