Nigerië-ontploffing: Boko Haram aanvaar verantwoordelikheid

BlOYDliCcAAnX4cDie leier van die Islamitiese netwerk Boko Haram het verantwoordelikheid aanvaar vir Maandag se bomaanval in Abuja, Nigerië waarin minstens 75 mense dood is.

“Ons het die aanval in Abuja uitgevoer,” het Abubakar Shekau in ʼn videoboodskap gesê. Die video van 28 minute is aan AFP beskikbaar gemaak. Die bomaanval by ʼn besige busterminus was die eerste groot aanval in twee jaar. Shekau sê Boko Haram het vegters in die Nigeriese hoofstad. “Ons is in jou stad,” het Shekau aan president Goodluck Jonathan gesê in die video.

Ure na die bomaanval Maandag het gewapende mans ʼn skool in die noordooste binnegestorm en 129 meisies ontvoer. Volgens berigte kon 44 van die meisies daarin slaag om te ontsnap. Die weermag het ʼn reuse soektog na die meisies van stapel gestuur.

Shekau is deur Amerika as ʼn internasionale terroris verklaar en daar is ʼn beloning van $7 miljoen vir sy arrestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.