Die Suid-Afrikaanse regering het sy medelye betoon met Nigerië nadat ʼn bomaanval Maandag in Amuja tot die dood van 71 mense gelei het.
“Suid-Afrika glo dat terrorisme, van enige aard, nie geduld kan word nie,” het die departement van internasionale betrekkinge in ʼn verklaring gesê.
Die Franse nuusagentskap AFP het Maandag berig die aanval het Maandagoggend by ʼn besige busterminus in die buitewyke van Nigerië se hoofstad plaasgevind.
Altesaam 71 oggendpendelaars is in die ontploffing dood en 124 mense is gewond. Die beseerdes word in die hospitaal behandel.
Die president het die Boko Haram Islamitiese terrorismegroep vir die aanval blameer. – SAPA
“Suid Afrika glo dat terrorisme, van enige aard, nie geduld kan word nie” Hoor wie praat !!!!