Nigerië skort Twitter ‘onbepaald’ op

(Foto: pixabay)

Nigerië het Vrydag aangekondig dat hy die dienste van die sosialemedianetwerk Twitter in die land opskort omdat dit volgens die regering gebruik word vir bedrywighede wat “in staat is om Nigerië se korporatiewe voortbestaan te ondermyn”.

Die departement van inligting het in ʼn verklaring gesê die federale regering het besluit om Twitter “onbepaald op te skort”.

Die besluit kom twee dae nadat Twitter ʼn opmerking deur Nigerië se pres. Muhammadu Buhari uitgevee het omdat dit die sosialemediareus se gebruiksbepalings oortree het.

In die twiet het Buhari gedreig om pro-Biafra-groepe te straf vir toenemende aanvalle op die regering en veiligheidsmagte. Twitter het daarna aangekondig Buhari se rekening word 12 uur lank ingeperk omdat dit sy beleid oor beledigende gedrag oortree het.

Twitter kon Vrydag, kort nadat die verklaring uitgereik is, nog in Nigerië gebruik word.

Segun Adeyemi, ʼn spesiale assistent in die departement, kon nie veel besonderhede verskaf nie.

“Ek kan nie antwoorde verskaf oor tegniese aspekte nie … bedrywighede gaan onbepaald gestaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.