Nigeriese senator by lughawe in hegtenis geneem

Dino Melaye (Foto via ANA)

Die polisie in Nigerië het Maandag bevestig senator Dino Melaye is by Nnamdi Azikiwe Internasionale Lughawe in die hoofstad Abuja in hegtenis geneem.

Melaye is gesoek vir sy beweerde betrokkenheid in ʼn moordsaak en dat hy ondersteuning aan misdadigers gebied het, het die Premium Times in Nigerië berig. Hy is in hegtenis geneem toe immigrasiebeamptes bevind het dat hy op ʼn lys geplaas is van persone wat nie mag vlieg nie.

Melaye het hom egter teen die inhegtenisneming verset. Nadat ʼn beampte sy paspoort gekonfiskeer het, het hy dit teruggegryp en probeer om op die vliegtuig te klim voor polisiebeamptes hom onderskep het. Beamptes het hom in kennis gestel dat Interpol na hom op soek is.

Die senator hou vol die hele voorval is vooraf beplan. “Ons het Interpol gebel en hulle het gesê dis ʼn leuen. Iemand het ook vir my gesê ʼn polisiekommissaris het my naam by die lughawe aangegee,” het Melaye verduidelik.

Die senator is ure tevore vrygelaat op borgtog in verband met meineed. Hy staan tereg op aanklag dat hy vals inligting aan die polisie verskaf het om ʼn senior beampte van die Kogi-regering skuldig te bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gert ·

Die man lyk nie na n skurk nie en as ek so lees klink dit asof die man vervolg word oor hy n fluitjie blaser is .

Karin ·

Gesigte vertrou ek nie gou weer nie. Mense het “eerlike” gesigte en mooi praatjies en dan is hulle die allergrootste skurke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.