Twee tienerjarige niggies van Indië is deur ʼn bende verkrag, waarna hulle aan ʼn boom opgehang is.
Plaaslike owerhede het Donderdag gesê die meisies, onderskeidelik 14 en 16 jaar oud, het Dinsdagaand in Uttar Pradesh vermis geraak. Hul liggame is Woensdag in ʼn boom aangetref.
Atul Saxena, ʼn woordvoerder van die distrik se polisie, het gesê ʼn nadoodse ondersoek het bewys die tieners is verkrag. Hulle het nog geleef toe hulle opgehang is.
Daar word vermoed dat vyf verdagtes in die voorval betrokke was. Volgens Saxena is ʼn 18-jarige reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem, en ʼn taakspan van 60 lede is saamgestel om die ander verdagtes op te spoor. “Die polisie moet nog bepaal of die aanvallers die slagoffers gehang het, en of die meisies moontlik selfmoord gepleeg het. – SAPA-DPA
Hang hulle hoog ! Soos voorheen.
Jasper, die gemors loop dalk vry agv, oeroue tradisies.
Jy sien kan die groot koppe wat so baie betaal word om ons land verder in sy m@@r. In te stuur nie nie waker skruk en iets doen aan die proebleme in ons land nie. Al wat jy heeltyd hoor is moord. Verkragting molestering. En waar is hulle besig om miljoene rande te besteur aan kak hulle huise te bou mooi kare tery. Oral vekansie te gaan hou en ons land. Hoe bou n mens n land. As dit so gaan. Is hulle daar om te wys hulle is mr en miss bling. Want daar gebeur mooi niks om proebleme op telos nie. Ai.