Nightbirde verloor haar stryd

Nightbirde. (Foto: Facebook/Nightbirde)

Jane Marczewski, beter bekend as Nightbirde, is in die ouderdom van 31 oorlede.

Sy het haar stryd teen kanker verloor. Nightbirde het verlede jaar tydens haar oudisie vir die 16de seisoen van America’s Got Talent harte wêreldwyd verower en miljoene mense aangeraak met ʼn oorspronklike liedjie uit haar pen en haar positiewe uitkyk op die lewe.

“Jou stem, jou storie en jou boodskap het miljoene aangeraak. Nightbirde sal altyd ’n lid van die AGT-familie wees. Rus in vrede, Jane,” het America’s Got Talent op Facebook gesê.

Voordat sy begin sing het, het Nightbirde aan die beoordelaars gesê sy is ʼn kankerlyer wat tans nog kanker in haar longe, ruggraat en lewer het. Sy het later ook gesê sy het volgens dokters net ʼn 2%‑kans op oorlewing.

Haar liedjie “It’s Okay” en haar outentieke, eteriese stem het die beoordelaars Simon Cowell, Heidi Klum, Howie Mandel en Sofia Vergara uitgeboul.

Die YouTube-video van die oudisie op America’s Got Talent se amptelike kanaal het reeds meer as 39 miljoen trefslae. Die video het ook soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Mandel het op Twitter hulde aan Marczewski gebring en gesê sy was ’n “helder inspirerende lig in ons almal se lewens”.

Terry Crews, aanbieder van America’s Got Talent, het sy medelye op Instagram betuig. Klum het ook ’n foto van Marczewski op haar Instagram Stories gedeel en geskryf: “Ons is lief vir jou. Rus in vrede.”

Marczewski moes destyds weens haar stryd met kanker aan die America’s Got Talent-kompetisie onttrek. “Sedert my oudisie het my gesondheid verswak en my kankerstryd verg al my energie en aandag,” het sy in Augustus gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jr ·

You touched so many lives. One of the most beautiful voices I’ve ever heard

Lillian ·

Dis hartseer. Ek het so gehoop sy sal die kanker oorleef.

Boer ·

RIV Night bride. Die mooiste woorde wat iemand ooit kon sê was”2% of survival is beter than 0%”. Dit sal ek vir altyd onthou.

JL ·

RIV Jy het nie die stryd verloor nie. Jy het volkome vrede gevind.

Net ek ·

Dis baie hartseer, sy was ‘n groot insperasie. Baie sterkte vir haar geliefdes.

Genis ·

Mens kannie help om te huil nie… sy was so n wonderlikke mens! Gaan huis toe na jou huis in die hemel

Swerwer ·

Sò ‘n pratige mensie wat ‘n harde stryd moes voer. Rus in vrede.

melW ·

En so het sy vir die wêreld ń beter plek gemaak met een beautiful song. Mag ons elke dag ons gesondheid waardeer en dankbaar wees vir wat ons het. RIP Jane.

Danny ·

Tragies! Mag haar boodskap, haar hart en haar passie en haar ‘It’s Okay’ nog laaaaank in baie se harte voortleef en diegene wat laag voel opbeur en moed gee! What a legend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.