Nintendo-baas verloor kankerstryd

Satoru Iwata Foto: Nintendo, Facebook

Satoru Iwata Foto: Nintendo, Facebook

Satoru Iwata, uitvoerende hoof van Nintendo, is in die ouderdom van 55 aan kanker oorlede.

Die maatskappy het Maandag in ʼn verklaring bevestig Iwata is Saterdag oorlede weens ʼn gewas aan sy galblaas.

Nintendo, ʼn internasionale gebruikerselektronikamaatskappy en, volgens inkomste, die wêreld se grootste rekenaarspeletjiemaatskappy, se sukses in die vroeë tot mid-2000’s word aan Iwata toegeskryf. Iwata het die maatskappy gedryf om die ontwikkeling van die Nintendo DS en Wii na te jaag.

Hy word oorleef deur sy vrou Kayoko. Hy word Vrydag begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.