Nissan herroep ongeveer 4 miljoen karre

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg 4 miljoen Nissan-motors word herroep weens ʼn groot veiligheidsprobleem waar passasierlugsakke of sitplekgordels moontlik nie tydens ongelukke kan werk nie en tot ernstige of noodlottige beserings kan lei.

Dié stap is die jongste in ʼn reeks veiligheidsprobleme wat motorvervaardigers die afgelope jaar teister met Acura, BMW, Chrysler, Ford, Honda, Lexus, Mazda, Toyota en ander vervaardigers wat motors oor lugsakprobleme moet herroep. Die Nissan-probleme hou nie verband met ander lugsakprobleme nie.

Nissan Noord-Amerika het gesê 3,2 miljoen motors het dalk ʼn probleem met ʼn sensor wat nie oplet dat iemand op die voorste passasiersitplek sit en of die persoon ʼn volwassene of ʼn kind is nie. Foutiewe sensors kan verkeerdelik die inligting interpreteer dat ʼn volwassene moontlik ʼn kind is of dat die sitplek leeg is en die lugsak word dus nie ontplooi nie.

Die volgende modelle word hierdeur geraak: die 2016-2017 Nissan Maxima, 2013-2016 Nissan Altima, NV200, LEAF en Sentra, 2013-2017 Nissan Pathfinder, 2014-2016 Nissan NV200 Taxi, Infiniti QX60 en Q50, 2014-2017 Nissan Rogue, 2015-2016 Nissan Murano, Chevrolet City Express en 2013 Infiniti JX35 voertuie.

Nissan sal eienaars van die probleem in kennis stel en aanbied om dit gratis te herstel. Geen skedule is egter tot dusver verskaf wanneer dié kennisgewings uitgestuur gaan word of hoe vinnig die herstelwerk kan plaasvind nie.

Nissan herroep ook 620 000 van sy 2013-2016 Sentras. In dié motor het die lugsaksensor die teenoorgestelde probleem: die lugsak word nie afgeskakel wanneer dit moet nie. Volgens die motorvervaardiger kan die voorste sitplekgordelhakie buig wanneer dit gebruik word om ʼn kinderstoeltjie vas te maak en dit kan daartoe lei dat die lugsak nie afskakel wanneer dit moet nie. Nissan het nog nie ʼn oplossing vir dié probleem gevind nie en waarsku eienaars om nie kinderstoeltjie op die voorste stoel te installeer nie. Dit kan Nissan tot ʼn maand lank neem om eienaars in kennis te stel van die probleem en die motorvervaardiger sal dan met ʼn tweede brief opvolg sodra ʼn oplossing beraam is, waarna die herstelwerk gratis gedoen sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marinda ·

Ai so gewens dis die Nissan Qashqai. Dalk sal ons kar dan herstel of vervang word want dis nuwe kar. Was amper week by Nissan ingeboek en kom terug met drie foute waar daar net een was.

Annelie ·

Hi
Wat is fout met die qashqai? My man is n Nissan Master tech. Epos my die kla gee dalk kan ons julle help diets qashqai is n baie lekker kar

Marinda ·

Annelie wat is jou e-pos adres dat stuur ek vir jou die afgelope jaar se goed. Monica by Nissan SA en Kobus by East Rand Mall Nissan het al die verslae en probleme, maar hulle ontduik ons nou. As hulle hoor dis ek of my man dan hoor ons hulle in die agtergrond sê hulle is nie beskikbaar nie.

Annelie ·

Ek is n service advisor by Nissan en ek wens die nuus wil eers die regte inligting kry. Al wat us SA verkoop word is die Sentra en NV200. Die nv200 is nie n taxi nie en Nissan sal elke Klient n brief stuur *Nissan het klient inligting* Indien hulle voertuig geinspekteur moet word. Daar sal Dan indie die rekenaar n fout op die voertuig wys sal die part Dan vervang word.

Emjee ·

Goeie dag. Ek het n Nissan micra wat nogals baie probleme gee. As hy dalk vir my raad kan gee sal ek dit wardeur. My epos [email protected]. baie dankie

cobusp ·

Alles loop reg altyd reg Toyota……,die werk esel van Afrika

SkarrelKind ·

Die Koreane is besig om stadig maar seker oor te neem by die Japanese. Verkope en kliënte diens deur Hundai en Kia was klaarblyklik beter as Toyota s’n en hulle het niks modelle herroep nie. Ek hou die Koreane gretig dop. Hulle gaan ons positief verras.

adri mynhardt ·

My Micra is al 2 maande by Nissan Randburg. Ek hoor niks. Dis vir n geluid ingeboek en toe ek hom na 3 dae terug kry val die enjin omtrent uit. Nou ry ek die dealership kar en ek weet niks van my kar nie. Hulle kan hom hou en my geld teruggee. Nooit weer n NISSAN nie!

Rudi ·

@Annelie – ek dink nissan sa verkoop evve meer as die twee modelle wat jy noem. In die VSA noem hulle n’ xtrail dan die rogue. Plus die parhfinder en inifity ens. darem word dit reggemaak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.